Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXV: Leksikografie vir ons lyke (finale weergawe)


René Lötter - 2010-06-30

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie
Finale weergawe van René Lötter se gedig:

 

Leksikografie vir ons lyke

Dood is ’n afrodisiak,
het jy altyd sinies gelag

Ons is geneties geprogrammeer
om freneties te teel
as ons in die spasie tussen die hark se tande bly staan


Maar wat kan ek nou vir jóú sê?

oorlewende, naasbestaande, weduwee in rou.

watse grimering kan ons aan hierdie monster smeer?
Bybel, Boeddha, bier?
Nietzsche, nihilisme?

Kom ek vertel jou ’n grap: onthou jy daardie keer?

Nee, geen speserye kan die smaak 
geen grimering kan die galgemarmer verbloem.

Ontydige heengaan.
Die frase wek weersin in my taalpurisme
Toutologies oordadig, sentimenteel oordrewe.

Tot jy sélf staan met hand vol gruis, soekend na ’n eufemisme



<< Terug na SkryfNet XXV <<