Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Voortreflike winterdisse geïnspireer deur klassieke wyne by Hartenberg


2010-06-14

Klop dié winter aan by Hartenberg Wynlandgoed, een van Suid-Afrika se oudste produsente van Shiraz geleë in die hartjie van die Stellenbosch wynlande, vir ‘n voortreflike warm bord sielskos, geïnspireer deur Hartenberg se klassieke wyne.

Hartenberg, alombekend vir hul gasvryheid en verwelkomende proekamer, het die allerheerlikste keurspel van onweerstaanbare tuisgemaakte plattelandse disse bymekaar gesit wat strek van soppe tot wildsvleisdisse en tradisionele lamspastei. Die spyskaart, wat in ‘n japtrap sal omsien na rasend honger mae, verander weekliks en kan van nou af tot in September geniet word. 

Teen R140 per kop kan kosliefhebbers uitsien na ‘n heerlike kraffie Hartenberg wyn, ‘n sop van die dag bedien met lekker varsgebakte brood, ‘n oondgebraaide vleisdis voorgesit met lekker kraakvars groente en ‘n verskeidenheid kase en ingemaakte vrugte, gevolg deur ‘n lekker koppie boeretroos en ‘n koeksister.

Alle disse word met groot liefde voorberei deur die opgeleide personeel van Hartenberg wat maaltye met ‘n trotse hart voorsit. Die verskeidenheid soppe sluit tamatie, broccoli of botterskorsie in terwyl smaaklike wildsvleisdisse wat met polenta bedien word, onder andere sappige vlakvark, swart wildebeest of kudu kan wees.

Met so ‘n lekker tuisgekookte bord kos sal jy die winter sommer gou hokslaan by Hartenberg. Die winterspyskaart sal tot einde Julie 7 dae ‘n week bedien word en van Maandag tot Saterdag tot en met einde September. Hartenberg Wynlandgoed is geleë op die Bottelarypad net af van die R304 na Stellenbosch.Vir meer besonderhede of besprekings skakel Tel: (+27)21-8652541, stuur 'n epos aan info@hartenbergestate.com of besoek www.hartenbergestate.com.