Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Fleur du Cap slaggereed vir jaarlikse Stellenbosch Wynfees


2010-06-11

Die Bergkelder, die tuiste van Fleur du Cap wyne, is gereed om wynliefhebbers met ope arms te verwelkom tydens die jaarlikse Stellenbosch Wynfees wat plaasvind vanaf 1 – 5 Julie. Besoekers kan ‘n onvergeetlike toer deur die unieke Stellenbosch kelder verwag, afgerond deur ‘n wynproe van bekroonde wyne en spesiale verrassings vir trotse sokkerondersteuners.

 Geniet uitmuntende wyne wat deur die natuur geïnspireer word soos die gesogte Unfiltered Sauvignon Blanc en 5-ster Platter bekroonde Noble Late Harvest, ‘n onweerstaanbare soetwyn wat sommer gou met die koue sal klaar speel.

 Word weggevoer wanneer jy Die Bergkelder, die eerste kelder in sy soort wat diep uit die hang van die Papegaaiberg gekerf is, besoek. Ontdek die onverstoorde ondergrondse kelder waar wyne neergelê word om te verouder en gaan maak ‘n draai by die nuwe museum. Hier kan wynmaakitems van toeka se dae besigtig word soos ‘n ou Italiaanse sleepkar, ou parsgereedskap, bottels, glase, kurktrekkers en nog vele meer.

 Die Bergkelder is belis ‘n moet vir diegene wat graag wyne versamel! Kies jou gunsteling wyn vanuit die Vinotèque en laat dit in die optimale toestande van die kelder verouder so dat jy dit kan geniet wanneer die wyn op sy beste is.

 Entoesiastiese feesgangers kan ook uitsien na ‘n 10% afslag op wynaankope van meer as R100 so wel as ‘n lekker glasie Fleur du Cap wat gratis met elke kaasbord bedien word.

 Kaartjies vir die Stellenbosch Wynfees is aanlyn beskikbaar teen R150 per persoon per dag en R500 vir ‘n gouetoegangskaartjie wat al vyf dae van die fees dek. Kinders onder die ouderdom van 18 jaar kan gratis die fees geniet! Vir meer inligting oor die Stellenbosch Wynfees, geborg deur American Express Kaarte®,  skakel 021 886 4310 of besoek www.wineroute.co.za