Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers


2010-06-10


Nuut by LAPA Uitgewers
dié Junie:

Kissmas in Mosambiek, Geur van genade , Nova: Die begin, Susanna M Lingua: Omnibus 4, Veels geluk, liewe maatjie: alles vir ’n pret-partytjie.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!

 

Kategorie: Niefiksie
Formaat:Sagteband; 137 x 212 mm
Bladsye:160
ISBN: 9780799346565 Prys: R120







Kissmas in Mosambiek
Johan Lötter

Twee broers. ’n Voëltrip. Die voorbode. Twee en twintig dae oorlewing. Kissmas in Mosambiek is die boeiende verhaal van twee broers, die kaartevrou se voorbode en ’n onvergeetlike avontuur op soek na daardie enkele rare en unieke voëls. Nooit het hulle besef dat hierdie Afrika-trip sou verander in twee en twintig dae se oorlewingstryd nie, en sou eindig in Grace Safari - ’n ontdekkingsreis vol "belonings" en "beauty".

Die skrywer skryf in ’n gemaklike vertelstyl wat die leser vanaf die eerste bladsy boei, maar ook kort-kort tot introspeksie bring. Met die lees van die boek word ’n mens se lewe weer in oënskou gebring en herevalueer. Kissmas in Mosambiek is ’n moet-lees vir elke Suid-Afrikaner wat in negatiwiteit en pessimisme verval het en daagliks beswaarlik meer iets positiefs ervaar.

Die skrywer:

Johan Lötter, teoloog, kunstenaar, skrywer, natuurliefhebber en bekende voëlkenner, is ’n mens wat sin vind in die goed (goed of sleg) wat met ’n mens gebeur. Hy is belese en berese, maar ver van voltooid af – daarom skep hy. As dit nie met pastel is nie, dan op papier.

Hy het in 1991 begin om wilde voëls te kyk en dit het hom geleer dat skoonheid die nuuskierige soeke is na dit wat elke dag om ons is. Na agtien jaar het Johan 1 300 voëls in die wêreld gesien. Johan was dertien jaar voltyds leraar in verskeie gemeentes in onder andere Auckland in Nieu-Seeland.

Hy het in 1995 kommersieel begin skilder en nog altyd ervaar dat kuns die geskonde siel skoonmaak. Johan is ongetroud en nie bang om alleen oud te word nie, want hy glo dat geen mens ooit alleen is as jy kies om nie eensaam te wees nie.

Hy woon in Namibië waar die woestyn hom leer: “Less is more.” Hier skilder hy, skryf hy en neem nuuskierige mense soos hy op safari’s as die ver plekke roep.

Kissmas in Mosambiek is beskikbaar by toonaangewende handelaars, asook by LAPA Uitgewers. Kontak 012 401 0700 of besoek ons webblad by www.lapa.co.za.

Kategorie: Liefdesroman
Formaat:129 x198 mm
Bladsye: 312
Prys: 145
ISBN: 9780799345827

Geur van genade
Alta Cloete

Lana van Eeden se blindelingse liefde en verkeerde keuses het haar eindelik ingehaal. Toe sy nie meer weet watter kant toe nie, vat sy die pad na haar ousus se huis in die mees godverlate deel van die wye Karoo. Daar vind sy toe nie haar suster en swaer nie, maar wel hulle buurman, ’n man wat al sy eie sarsie foute gemaak het en geleer het om daarmee saam te leef. By Wilhelm vind sy rus – en in die stil klowe van sy plaas vind sy ook weer vir God. Maar hoe graag sy ook al wou, sy kan nie vir altyd van die werklikheid ontvlug nie. Sy moet teruggaan en haar foute in die gesig kyk. En ook insien dat alles nie net haar skuld was nie.

Want Marius F Jansen is nie net ’n gerekende skrywer van hoge letterkunde nie, maar ook ’n veroweraar van vroue – en vertrapper van hulle siele. Geur van genade is die verhaal van ’n vrou wat verantwoordelikheid vir haar lewe aanvaar, haar onnodige skuldgevoelens leer afskud, en haarself stukkie vir stukkie weer aanmekaar sit. Met die hulp van die Here – en ’n goeie, mooi man!

Die skrywer:

Alta Cloete is lief vir mense en hulle stories – en vir pret. Haar stories gaan soms oor ernstige kwessies, maar die lag bly nooit uit nie. Sy het reeds vyftig tydskrifverhale (Huisgenoot, Sarie, rooirose, Lééf en die destydse Voorligter) en ses romanses onder die skrywersnaam Marilé Cloete geskryf. In elkeen van haar stories skuil daar ’n vrou wat kies om beheer oor haar lewe te neem – en ’n man wat sterk genoeg is om dit te hanteer. Sy skryf hierdie stories omdat sy in die liefde glo en omdat Suid-Afrika die liefde nou nodiger het as ooit tevore. Haar karakters is nie karikature van volmaaktheid nie, maar doodgewone mense met moesies en vrese van hulle eie, eg menslike swakhede en die vermoë om die liefde te herken as dit die dag in hulle pad kom staan.

Wanneer sy nie skryf nie, werk sy aan die Romanza Skrywers- en Lesersblogs waarvan sy een van die administrateurs is, probeer besprekings oor Afrikaanse leesstof aanmoedig op LitNet en facebook, en laai Afrikaanse boeke op die facebook application Visual Bookshelf, waar lesers menings oor boeke kan uitruil en aanbevelings maak. In die tyd wat oor is, dra sy haar eie boeke vir vriende en familie aan en probeer om die régte boek by die régte leser uit te bring.

Geur van genade is beskikbaar by toonaangewende handelaars, asook by LAPA Uitgewers. Kontak 012 401 0700 of besoek ons webblad by www.lapa.co.za.


Ouderdomsgroep: 11+
Kategorie: Jeugfiksie 
Formaat: Sagteband; 137 x 212 mm
ISBN: 9780799346756
Bladsye:
128 pp
Prys:
R80

Klik en koop


Nova: Die begin
Fanie Viljoen

Iets is nie pluis in die dorpie Nova nie. Wat is die vreemde ligte wat Lucas en die res van sy gesin een aand sien? Waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte waarmee hulle agter hoë heinings besig is? En wat is die glibberige swart ding wat Lucas in die rivier gesien het?

Voor hy sy oë uitvee, word Lucas en sy vriende deel van ’n wilde avontuurrit vol tergende en gevaarlike raaisels. Hierdie is die eerste in ’n nuwe wetenskapfiksie-reeks wat aanhangers sal laat smeek vir meer!

Die skrywer

Fanie Viljoen woon die afgelope nege jaar in Bloemfontein. Hy is een van Suid-Afrika se gerekende kinderboekskrywers. Sy werk is al met verskeie toekennings bekroon. Hy skryf kinder- en jeugboeke omdat daar nie grense is aan kinders se verbeelding nie. Sy werk sluit 13 Spookstories en die gewilde Slym-reeks in.

Nova: Die begin! is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers, 012 401 0700, of besoek www.lapa.co.za.



Kategorie: Omnibus
Formaat:
Sagteband; 129 x 198 mm
Bladsye: 604
ISBN: 978079934510
Prys: R160


Klik en koop

Susanna M Lingua: Omnibus 4
Susanna M Lingua

Die vierde omnibus van Susanna M Lingua bevat drie van haar beste en gewildste liefdesverhale. Haar heldinne is standvastig en volg meestal hulle eie koppe, terwyl die helde ongelooflik aantreklik, baie ryk en in een van die verhale ’n Portugese edelman is.

Marisa Beekman is in Die nuwe dokter ’n uiters bekwame teatersuster, maar toe die nuwe chirurg sy opwagting maak, kry sy opdraande. Konrad Schmidt is befoeterd, kort van draad en maak die hele personeel senuweeagtig. Sy sou dit dalk nog saam met hom kon uithou, maar toe kwaadwillige leuens oor haar vertel word, weet sy sy moet spore maak.

In Stille Rus trou Lisa met Martyn Adelaar, ’n welaf man wat jare ouer as sy is. Sy jongste twee kinders is haar uit die staanspoor vyandiggesind. Hulle glo sy trou met bybedoelings met hulle pa. Maar toe sy oudste, Karel, Martyn oortuig dat Lisa net vir sy geld en aansien met hom getrou het, weet sy haar huweliksgeluk is gedoem.

Almal is in Wonder van die liefde daarvan oortuig dat die graaf Fernando de Serradinho verlief is op Theresa. Almal behalwe Theresa. Sy weet die graaf glo nie aan liefde nie en vergesel haar net oral om te voorkom dat sy die mans op sy eiland verlei. Bowendien, aan die voorskrifte van dié ongenaakbare Portugese edelman sal sy nooit gewoond raak nie.

Die skrywer:

Susanna M Lingua is op 10 November 1921 in Oos-Londen gebore, waar sy ook skoolgegaan het. Nadat sy haar aan die Universiteit van Stellenbosch as maatskaplike werker bekwaam het, is sy in 1948 met Guiseppe Lingua getroud. Hulle het drie kinders gehad. Dié gewilde skrywer het reeds op sestien begin skryf, maar haar loopbaan as skrywer het eers in 1952 in alle erns begin toe haar eerste liefdesverhaal gepubliseer is. Ná haar dood bekoor haar verhale, wat dikwels op eksotiese plekke afspeel, lesers steeds.

Susanna M Lingua: Omnibus 4 is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers, 012 401 0700, of besoek www.lapa.co.za.


Kategorie: Partytjies en Kookkuns
Formaat:
Sagteband, 280 x 210 mm
Bladsye:
140 pp
ISBN:
9780799346701
Prys:
R150



Klik en koop

Veels geluk, liewe maatjie: alles vir ’n pret-partytjie
Marlo Carstens

’n Kind se verjaardagpartytjie is vir hom of haar ’n onvergeetlike dag en beslis die hoogtepunt van die jaar. Die beplanning vir jou kind se partytjie is ook die ideale geleentheid om ’n baie spesiale band tussen julle te vorm. Dis ’n spesiale dag net vir hom en hy gaan die belangrikste persoon wees – wat kan dan nou lekkerder wees?

Die sleutel tot ’n suksesvolle partytjie is beplanning. In vandag se gejaagde lewe is ons soms geneig om die kitspartytjies vinnig aanmekaar te slaan, maar hulle is ook baie duur en nie uniek nie. Hierdie boek poog om nie net as inspirasie te dien nie, maar gee jou raad en idees, vanaf die aanvanklike beplanning van die geleentheid tot die uitnodigings, dekor en selfs lekker eetgoed vir die ouers wat die partytjie bywoon. En alles baie bekostigbaar!

Daar is elf partytjietemas in die boek. By elke tema is aanwysings vir uitnodigings, ekstra items om te maak, dekor-idees, een of meer resepte vir verjaardagkoeke, kolwyntjies en eetgoed vir kinders. By die eerste vyf temas is daar ook resepte vir volwassenes se eetgoed. Daar is verskeie opsies sodat jy kan kies watter en hoeveel items en geregte gemaak gaan word. Die koeke en kolwyntjies is telkens ingedeel volgens die moeilikheidsgraad of hoeveelheid moeite wat dit verg.

Die temas is:

1. Beertjies (1-jariges)
2. Honde (2-jariges)
3. Plaas (3-jariges)
4. Onder die see (4-jariges)
5. Cowboys (5-jariges)
6. Seerowers
7. Dinosourusse
8. Die ruimte
9. Handsakke
10. Hoede
11. Skoenlappers

Die skrywer:

Marlo Carstens is die skrywer van die baie gewilde Vinnig en Maklik: Resepte uit Vrouekeur volumes 1 en 2, waarvan nommer 1 reeds byna 40 000 eksemplare van verkoop het.

Veels geluk, liewe maatjie: alles vir ’n pret-partytjie is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers, 012 401 0700, of besoek www.lapa.co.za.