Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Skole | Schools > Kennisgewings | Notices

Groot skoonmaakdag in Ga-Rankuwa Saterdag 12 Junie...


2010-06-09

Junie is Wêreld Omgewingsmaand: kom help ons om ons stad skoon te maak!

Stad Tshwane en Moonprint Concerts for the Earth reik uit om die Wêreld Omgewingsmaand te ondersteun deur onder meer ’n klompie skoonmaakaksies in die Tshwane-area te orkestreer gedurende die maand van Junie.

Komende Saterdag, 12 Junie, vind die tweede skoonmaakaksie plaas in Ga-Rankuwa, aan die noorde van Pretoria. Die skoonmaakaksie is die inisiatief van mnr. Gontse Nthathe, ‘n lid van die Ga-Rankuwa gemeenskap, wat ’n sterk passie vir die omgewing het en word ondersteun die Ga-Rankuwas se omgewingsforum, Arrive & Shine.

Die skoonmaakaksie begin by: Bodubelo Primary School, 1 Senne Street, Zone 16 en gaan dan verder om skoon te maak tussen Lowe Primary School, 192 Zone 16 en Mapenane Secondary School, 193 Senne Street, Zone 16, Ga-Rankuwa. 

 Vrywilligers is meer as welkom om by ons aan te sluit, en word gevra om asseblief teen 09:00 daar te wees. Die skoonmaakaksie sal teen 13:00 klaar wees. Vrywilligers moet asseblief onthou om  sonskermroom te bring, gemaklike skoene te dra asook klere wat maar mag vuil word.

Tshwane se Departement van Afvalbestuur sal deur die Areabestuurder, mnr Jannie Janse van Rensburg, verteenwoordig word. Die skoonmaakaksie word ook ondersteun deur die Uitvoerende Direkteur en Direkteur van die Department, Me Qaphile Gcwensa en Me Dipsy Mohlaba, onderskeidelik.

Die Plastiek Federasie van SA, Enviromark en PSPC borg die sakke en Afriforum voorsien kospakkette vir die vrywilligers. Jahmy Recycling is die diensverskaffer vir die herwinde materiale.

Moonprint se herwinningsaksies word ondersteun deur The Glass Recycling Company of South Africa, Mondi Recycling, Petco (plastiek), PSPC (polistireen), Enviromark en Collect-a-can. 

Bykomende inligting is beskikbaar op Moonprint se Facebook-blad en in die media.

*Moonprint (’n geregistreerde Artikel 21- en Artikel 18a maatskappy, sonder winsbejag) is die eerste volhoubare groen portaal wat entiteite soos stadions, organisasies, feeste, kunstenaars, die publiek en herwinnigsmaatskappye by mekaar uitbring vir herwinningsaksies. Moonprint reël en bestuur ook skoonmaak-aksies, boomplant- en inligtingsdae by skole, saam met gevestigde instansies soos Oppikoppi, SAMusic.co.za, Venezeniano Ingelyf en FORR  (Fellowship of Rock ‘n Roll). Herwinningsvennote sluit in The Glass Recycling Company of SA, Collect-a-can, Mondi Recycling, The Plastics Federation of SA, Enviromark en PSPC.

Ander groen vennote sluit in: Greenpeace, Trees4Schools, Ripples for good, SOAPkidz en Pretoria Green Market.