Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Kennisgewings | Notices > Afrikaans

Aanlynhandelaar Kalahari.net, eerste om nuwe bekendstelling in druk en elektroniese formaat te bied


2010-06-04

Aanlynhandelaar, kalahari.net, het hierdie week die eerste Suid-Afrikaanse handelaar geword om ’n nuwe, plaaslike publikasie in beide druk en elektroniese formaat op dieselfde tyd, teen dieselfde prys aan kopers bekend te stel. Aanlynkopers kan die nuwe Eugène Terre’Blanche biografie, Eugène Terre’Blanche – my storie, by www.kalahari.net koop as boek of as e-boek. Die e-boek is huidiglik eksklusief by kalahari.net beskikbaar.

Volgens Gary Hadfield, hoofbestuurder van kalahari.net, het die aanlynhandelaar sy verskeidenheid e-boeke tot 193 000 gegroei sedert die bekendstelling van hierdie formaat boeke in Maart dié jaar en hulle voeg daagliks nog titels by. Die e-handelaar se plaaslike e-boeke sal ook aansienlik uitbrei in die nabye toekoms. Hadfield het die volgende kommentaar gelewer oor die prysstruktuur van e-boeke: “Die industrie is nog besig om sy voete te vind met die pryse van e-boeke. Kalahari.net verkoop die Eugène Terre’Blanche e-boek teen dieselfde prys as die harde kopie, maar kopers sal slegs R100 vir die e-boek betaal indien hulle die boek in beide formate koop.”

Eugène Terre’Blanche - my storie is beskikbaar by www.kalahari.net vir R176.00.