Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfsake | Writing matters > Kennisgewings | Notices

Anton en die mediese bedryf


Altruïs - 2010-05-25

Anton,

Ek stem heelhartig saam met jou brief.

Ek het so ruk terug ‘n brief geskryf oor die kostes van ‘n GP (iets soos R280 vir 3 minute), en Dok het heel onthuts geantwoord.

Ek wil nou nie weer vir Dok vies maak nie, maar ek voel nog dieselfde. Dis te erg.

Manlief het Januarie ‘n knie-operasie gehad. Minder as ‘n uur, net die kraakbeen verwyder.

Die narkotiseur se rekening was net oor die R3500 – dit vir 1 uur! Nie eens die ortopediese chirurg se rekening was so hoog nie.

Met dit in gedagte, en die haglike staatshospitale, kan ek verstaan waarom die regering die hele mediese wêreld op sy kop wil keer, en almal toegang gee tot dieselfde dienste.

Ek weet nie of dit haalbaar is nie, en ek hou  nie van die idee nie, maar ek verstaan waarom.

Groete,

Altruïs