Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfsake | Writing matters > Kennisgewings | Notices

Bloemfonteinse Skrywersvereniging se landswye Skryfwedstryd 2010 geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV


2010-05-24

Honderde inskrywings het vanjaar  vanoor die hele land (en selfs in enkele gevalle vanuit die buiteland) ingestroom vir die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse Nasionale Skryfwedstryd (2010). Baie skole het veral ook hulle beste inskrywings gestuur en soms ook vanjaar die volwassenes in die ope-afdeling die stryd aangesê vanweë die interessante onderwerpe in daardie afdeling. Vanjaar se wedstryd is geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat omdat die universiteit, net soos die BSV, veral jongmense wil aanmoedig om hul potensiaal maksimaal te ontgin. Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) het, soos altyd, behulpsaam gewees met die veilige ontvangs en dokumentering van posstukke.


Hier oorhandig me Malani Viljoen van NALN net één dag se pos wat uit die possak gekom het, aan die voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, mej. Corlietha Swart. Die tikpapierhouer vol inskrywings is afkomstig vanaf Hoërskool DF Malan wat jaarliks, onder die bekwame leiding van mnr Gert Visser (Adjunkhoof) , sorg vir 'n ryk oes aan inskrywings uit Bellville. Die wenners word ongeveer 21 Junie bekendgemaak en sal, buiten hul prysgeld (en wisseltrofeë in die skole-afdeling) die geleentheid kry om 'n BSV Slypskool by die bekende dr PG du Plessis in Augustus by te woon. Die BSV vier ook vanjaar sy 40ste bestaansjaar met 'n dinee vir BSV-lede die aand voor die slypskool.