Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Kennisgewings | Notices > Afrikaans

R150 000 op die spel in LAPA se 2010 Afrikaanse Romankompetisie


2010-05-19

LAPA nooi alle Afrikaanse skrywers om deel te neem aan die LAPA 2010 Afrikaanse Romankompetisie. Daar is geen voorgeskrewe lengte of tema nie en debutante sowel as reeds gepubliseerde skrywers kan deelneem. Die enigste vereiste is dat die manuskrip ’n nuutgeskrewe, oorspronklike Afrikaanse teks moet wees.

Dit is vir LAPA uiters belangrik om kwaliteit Afrikaanse leesstof te publiseer en om Afrikaanse skrywers die nodige erkenning te gee.

Die skrywer van die wenmanuskrip ontvang R100,000  kontant. Die  tweede prys is R50,000.

Die sluitingsdatum is 30 September 2010. Alle inskrywings moet gestuur word na LAPA 2010 Afrikaanse Romankompetisie, Posbus 123, Pretoria, 0001. Alle inskrywings moet vergesel word van ’n inskrywingsvorm vir die kompetisie en ’n volledige dekbrief. Bepalings en voorwaardes geld.

Vir meer inligting en om inskrywingsvorms te bekom, besoek www.lapa.co.za of kontak LAPA se bemarkingsafdeling by Tel: 012 401 0700 of lapa@lapa.co.za.