Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Sop, Sip en Brood van reg oor die wêreld by Nitida - 6 Junie 2010


2010-05-17

Die winter is hier en wat kan dan nou lekkerder wees as om jouself warm en knus te hou met ‘n heerlike bak sop en goeie wyn? Cassia restaurant en Nitida Wyne hou op 6 Junie ’n prettige familie Sop, Sip en Brood dag wat jou met heerlike soppe van regoor die wêreld, familiepret, uitmuntende wyne en ‘n asemrowende uitsig van die Durbanville Wynvallei sal trakteer.

Cassia restaurant se Warren Swaffield gaan uithaal en wys met vyf internasionale bobaas soppe ter ere van die verskeidenheid sokkernasies wat hier gaan kom speel, voorgesit saam met heerlike vars gebakte brood. Daar sal vanselfsprekend ook eg Suid-Afrikaanse sop bedien word. Geniet ’n watertand Blomkool, Bloukaas en Biltong sop om die dag mee af te skop. En vir internasionale steun, geniet ’n heilsame Hollandse Ertjie en Ham sop, Lensie Dhal sop van Asië, ’n Freijoada (vleissop) met swart bone van Brasilië en ’n ryk seekossop van Noord Amerika. Boereworsbroodjies en Prego chiabatas sal ook beskikbaar wees vir diegene wat ietsie meer benodig om die sokkerspel aan te durf.

Bring die hele familie na Nitida vir ’n dag vol vermaak kompleet met lewendige musiek, groot skerm televisie-aksie en staan boonop ’n kans om hope wynpryse in jou sak te steek terwyl jy aan bakke heerlike sop wegval en ’n eindelose voorraad van gesogde wyne van die wynlandgoed kan geniet. Nitida sal ’n wye verskeidenheid van wyne beskikbaar hê wat heeldag geniet kan word en jy sal een van die eerstes wees om hulle splinternuwe 2010 Sauvignon Blanc, die wynlandgoed se keldertrots, te proe.

Daar sal ook prettige aktiwiteite vir die kleintjies wees om hulle mee besig te hou insluitende ’n mini sokkerveld met doelpale om aan hulle voetbal bewegings te werk en ’n springkasteel as die weer saam speel.

Cassia, ‘n gereëlde ondersteuner van die Durbanville Sopkombuis, sal ‘n porsie van die geld wat tydens die Sop, Sip en Brood dag ingebring word, vir hierdie barmhartige plaaslike inisiatief skenk om ‘n warm en heilsame maaltyd aan die minder bevoorregtes in die gemeenskap te gee.

Kom val in by Nitida, skuins vanaf die Tygerbergvallei pad, Durbanville Heuwels op Sondag 6 Junie van 11h00 – 16h00 om heerlike soppe, wonderlike wyne en lekker geselskap te geniet. Toegang is gratis, so wees verseker om familie en vriende saam te bring! Vir meer inligting, skakel Cassia by Tel: 021 976 0640 of e-pos hulle by info@cassiarestaurant.co.za.