Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers


2010-05-06


Nuut by LAPA Uitgewers
dié Mei:

Spoorloos, Veilig en vreesloos , Oempakadoempa, Nie vir Ma’s nie: ’n kookboek vir pa’s en kinders, Min moeite.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!

 

Kategorie: Fiksie
Formaat:Sagteband, 137 x 212mm
Bladsye: 312
ISBN: 9780799346626 Prys: R149.95







Spoorloos
Riana Mouton

Alex Cloete is kwaad vir die lewe. Hy het nie geld nie, nie rigting nie, en sy geliefde seun,
Zander, woon by sy ma, Mercia, ver van hom af. Wanneer Mercia onder baie verdagte
omstandighede sterf en die kind wegraak, kry Alex lewe en rigting.

Alex glo dis sy geheime lewe toe hy in die weermag was wat hom inhaal en die rede is vir hierdie ontvoering. Of is dit? Want sy ma blyk ook ’n paar geheime te hê wat vir hiervoor verantwoordelik kan wees ...

’n Naelbyter van internasionale standaard.

Die skrywer

In die tradisie van die meesters van misdaadfiksie, soos Ian Rankin, Deon Meyer en Faye Kellerman, verskyn Riana Mouton triomfantelik op die toneel as die eerste vroulike Suid-Afrikaanse speurromanskrywer. Haar uiters gewilde debuutroman, Reuk van die dood,is hartlik deur lesers en resensente ontvang. Sy was op die kortlys vir die ATKV-prys vir spanningsfiksie.

Riana Mouton woon tans saam met haar gesin in Whangaparaoa, Nieu-Seeland, waar sy navorsing doen vir haar volgende roman.

Spoorloos is Riana se tweede roman.

Kategorie: Nie-fiksie
Formaat:Sagteband; 137 x 212 mm
Bladsye: 128
Prys: 100
ISBN: 9780799346664

Veilig en vreesloos
Naomi van Wyk

Beveilig jou kinders teen seksuele misbruik

Dit is maklik om jou kind teen die meeste gevare te beskerm. Jy stuur hulle vir swemlesse, hou hulle hande vas as julle die straat oorsteek, en sit valhelms op as julle fietsry.

Maar hoe beskerm jy jou kinders teen seksuele misbruik?

Veilig en vreesloos bied aan ouers die basiese beginsels en veiligheidsmaatreëls sodat hulle kinders van voorskool tot tienerfase teen seksuele misbruik kan beskerm. Die boek fokus nie op die terapie en behandeling van kinders wat reeds seksueel misbruik is nie, maar op die voorkoming daarvan.

Die boek sluit onder meer in:

  • Feite en statistieke oor seksuele misbruik.
  • Oorsig oor presies wat seksuele misbruik is en hoe die oortreder lyk.
  • Persoonlike veiligheid op elke ontwikkelingsfase van die kind – van voorskool tot tiener.
  • Internet- en selfoonveiligheid.
  • Raad indien seksuele misbruik wel plaasgevind het.
  • Hulpbronne.
  • Hoe om te verhoed dat jou kind self ’n seksuele oortreder word.

 

Naomi van Wyk, MSc Kliniese Sielkunde (US), is ’n geregistreerde kliniese sielkundige. Sy het ’n privaatpraktyk in Stellenbosch en doen werk op die gebied van ouerleiding. Sy bied werkswinkels vir ouers aan oor ’n verskeidenheid onderwerpe, insluitende dissipline en die voorkoming van seksuele misbruik by kinders. Sy dien as ’n kundige op die Your Parenting-webwerf (www.yourparenting.co.za), skryf artikels vir tydskrifte en tree as spreker by verskeie geleenthede op. Naomi kry die meeste van haar ervaring as mamma van twee wonderlike kinders.

Veilig en vreesloos is beskikbaar by toonaangewende handelaars, asook by LAPA Uitgewers. Kontak 012 401 0700 of besoek ons webblad by www.lapa.co.za.


Ouderdomsgroep: 3+
Kategorie: Kleuter Nie-fiksie 
Formaat: Sagteband; 240 x 260mm
ISBN: 9780799346633
Bladsye:
32 pp
Prys:
R70

Klik en koop


Oempakadoempa
Skrywer: Jaco Jacobs

Oempakadoempa!
Hier kom die narre.
Kyk hul rooi neuse
en oranje hare!
Oempakadoempa!
Blaas op die trompet.
Hier kom die narre,
hier kom groot pret …

Lawwe en lawaaierige rympies vir voorlees en opsê. By elke rympie is voorstelle vir aksies en aktiwiteite om die leeservaring heerlik interaktief te maak.

Die skrywer
Jaco Jacobs woon in Bloemfontein. Meer as 40 kinder- en jeugboeke het reeds uit sy pen verskyn. Hy is nege keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon. Verdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous,asook die Elsabe Steenberg-prys en die SATI-prys vir sy vertaling van Willemien en die geel kat.

Illustreerder
Susie Appleby woon in Vredehoek en is ’n vryskut  illustreerder en kunsonderwyseres. Haar werk sluit die Mylpaal-reeks in.

Oempakadoempa! is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers, 012 401 0700, of besoek www.lapa.co.za.



Kategorie: Kookboek
Formaat:
Sagteband; 210 x 280mm
Bladsye: 128
ISBN: 9780799346466
Prys: R135


Klik en koop

Nie vir Ma’s nie: ’n kookboek vir pa’s en kinders
Saamgestel deur Karin Behm-Joubert en Daleen van der Linde

Met dié boek word ma’s uit die kombuis verban. Pa en kroos sal dit so geniet om hierdie maklike, lekker resepte te beproef dat Ma dalk nooit weer haar “koninkryk” terugkry nie!

Die boek bevat heerlike resepte vir ontbyt, ligte etes, voorgeregte, kitskos, aandetes, bykosse, braaidisse, nageregte, teetyd-versnaperinge en smulgoed vir smulpape. Buiten heerlike resepte is daar ook ’n hele hoop wenke wat kosmaak sommer kinderspeletjies maak.

Die hoofstukke is:

  • Ontbytjolyt
  • Haastige happies
  • Pret met pasta
  • Sorg vir aandete
  • Bring en braai
  • Groente en slaaie
  • Perfekte poedings
  • Bak en brou.

Hierdie is ’n bygewerkte, hersiene uitgawe met meer as 60 persent nuwe resepte.


Kategorie: Kookboek
Formaat:
Sagteband; 190 x 235 mm
Bladsye:
160 pp
ISBN:
9780799346091
Prys:
R175



Klik en koop

Min moeite: Maklike kos vir 1-4 porsies
Skrywer: Hilda Lategan

Baie mense se gejaagde leefstyl maak geriefskos en wegneemetes ’n maklike keuse van eet, maar hierdie eetgewoonte dra mettertyd by tot die oorsake van verskeie gesondheidsprobleme soos oorgewig, hartvaatsiektes, diabetes en maagdermprobleme.

Min moeite is ontwikkel vir die kerngesin, paartjies en enkelinge vir wie kosmaak soos "groot werk" lyk!

Met meer as 100 resepte kan selfs die besigste persoon heerlike geregte in ’n japtrap voorberei met bekende, beskikbare en bekostigbare bestanddele. Die resepte is in eenvoudige taal geskryf sodat jy vir elke dag kan kosmaak en met MIN MOEITE lekker en gesond kan eet vir beter energie en lewenslus!

Die resepte word voorsien van voedingstofanalises per porsie, variasies, bêrewenke, spyskaartplanne en interessante addisionele inligting.

Hilda Lategan is ’n geregistreerde dieetkundige in privaatpraktyk. Sy is ook skrywer van Suid-Afrikaanse kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit, Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid 1 & 2 en Versatile vegetarian recipes,en medeskrywer van Groot kookboek vir diabete. Sy woon in Pretoria saam met haar man en twee seuns.