Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXV: Nagmusiek (tweede weergawe)


Isabel Niemand - 2010-05-04

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie
Tweede weergawe van Isabel Niemand se gedig:

Nagmusiek

Jazz-musiek spoel oor die Leidse Plein
– ’n melodie wat haar eensaamheid vertolk –
die lil van klokke, ’n loeiende sirene
op ’n heel ander noot.
Ritmiese knip-knip van die Rooi Oog
in ’n venster, wyl die mannekyn
agter die sagte toeval van ’n fluweelgordyn verdwyn.
Haar hart ’n tromspel teen sy bekende bors
emosie hier ’n ongenooide klant;
hul eenheid, soos jazz, ’n teenmelodie.
Sou hy onder die Magere Brug deur haar hand vashou?
en is “vir altyd” beskore vir ’n vrou soos sy
sketterende munte beklink die transaksie;
talm hy vir ’n oomblik op die drumpel.
Stap weg van haar en ’n saksofoon
begelei die donker gety van haar verlorenheid. 



<< Terug na SkryfNet XXV <<