Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXV: 'n Winterwind (tweede weergawe)


Isabel Niemand - 2010-05-04

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie
Tweede weergawe van Isabel Niemand se gedig:

’n Winterwind (voorheen Verlange)

Vandag langs die Weskus
waai die wind soveel herinneringe terug na jou
die geur van jou parfuum aan my nek,
om my skouers die bloubont serp gekoop op ’n Persiese mark
ons gedeelde landskappe genadiglik ver;
jy wat my op die platform vir die Transkaroo inwag,
middagete op Matjiesfontein, tee by Kom Kyk Motors op Touwsrivier.
Maar selfs die terloopse vat vanmôre aan ’n Delftbord
bring jou lag by my tuis
sand slaan teen my bene op, die strand verlate,
kanker en tyd het jou van ons geneem;
net totdat ek lag op presies dieselfde onbevange manier.



<< Terug na SkryfNet XXV <<