Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXV: Kortpad (tweede weergawe)


Isabelle Nell van Niekerk - 2010-05-04

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie
Tweede weergawe van Isabelle Nell van Niekerk se gedig:

Kortpad (voorheen Grenslose suburbia)

Sondae ry 4x4’s kortpad
deur die plakkerskamp
na die parkeerterrein van die
Mega-gemeente langsaan.

Die tweespoorsandpad
swenk deur die suburban ghetto.
Squatters sit in die son
voor sinkkaias.
Tussen die shacks
aas bronstige honde
vrouens skud kooigoed uit.

Dit reën grint en stof
op runaways en skaapkoppe
wat vet drup in die konkas.
Transistormusiek pols
deur die plakkersdorp.
Gehurk in die stof
gooi dwellers dice
op die Kwaito beat.

Tydens die oggenddiens
word gepreek oor dankbaarheid.
Die kortpad se stof word
seremonieel van die besoekers,
uit die plakkerskamp,
se voete afgewas.
Na kerk ry die 4x4’s weer
kortpad terug  huis toe.

Die short cut se stof gaan lê.
Die Mega-gemeente
met die makro-begroting
keer huiswaarts. Rus daal
op die plakkerskamp neer.
Stof tot dankbaarheid!



<< Terug na SkryfNet XXV <<