Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXV: In transit (tweede weergawe)


Isabelle Nell van Niekerk - 2010-05-04

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie
Tweede weergawe van Isabelle Nell van Niekerk se gedig:

In transit

Gereed om weg te breek
uit die begrensde bestaan
opsoek na ewigheid-deeltjies
gevleg aan die waarheid
waaroor die Geheim swyg.

Wil niks nalaat, nie ’n gedagte
of gedig, niks nie, aanbeweeg
na die onbekende, in verwondering
kyk na die tapisserie van enorme
en klein dinge, verweef en verwant:
God mens buffel ametis arend roos koelakant 

Kan nie langer vertoef nie.
Die spiraal arms van die uitspansel
gryp na my met lang dun vingers.
Ek is die reisiger, die ontdekker
wat nooit arriveer nie.



<< Terug na SkryfNet XXV <<