Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfsake | Writing matters > Kennisgewings | Notices

Min tyd oor vir landswye Skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging met R12 000-prysgeld en 'n gratis slypskool vir wenners by PG du Plessis


2010-05-03

Die voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, Corlietha Swart, nooi voornemende skrywers (volwassenes en hoërskoolleerlinge) om R12 000 los te skryf in die jaarlikse Afrikaanse landwye skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging.

Die sluitingsdatum is 7 Mei! Daar is ook aanmoedigingspryse vir deelnemers wie se moedertaal nie Afrikaans is nie. Vanjaar word die prysgeld geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat en geadministreer deur NALN. Buiten vir die prysgeld, kan alle wenners 'n slypskool vir ontluikende skrywers olv die bekende PG du Plessis, wat die Bloemfonteinse Skrywersvereniging in Augustus 2010 aanbied, gratis bywoon.

Alle inskrywings van die skryfwedstryd moet van ’n voorgeskrewe inskrywingsvorm vergesel wees. Bel dadelik vir mev Christa Jordaan by 051-5229155 in werksure, of mej Lelani Fourie by 0733883377 om die vorm, wedstrydreëls en onderwerpe te bekom. Of vra dit elektronies aan by bloemsv@yahoo.com Gou skryf!