Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Laaste volmaanpiekniek van die seisoen


2010-04-22

Piekniekliefhebbers moenie die laaste volmaanpiekniek van die somerseisoen by die Taalmonument op Paarlberg op Vrydag 30 April misloop nie.

Sonsondergang is om 18:06 en maanopkoms is om 19:25. Die piekniek vind twee dae ná die volmaan plaas, maar die maan sal steeds 97.2% vol wees.

Die monument sal tot om 22:00 oop wees. Toegang word beheer en veilige parkering is beskikbaar. Toegang is R12 vir volwassenes, R5 vir studente en R2 vir kinders en besoekers hoef nie vooraf te bespreek nie. Geen honde of vure word toegelaat nie en dit is ’n goeie idee om ’n flitslig en warm klere saam te bring. Al die ligte by die monument word vir die aand afgeskakel.

Besoekers mag hulle eie piekniekmandjies saambring of kan ’n mandjie by Volksmond Koffiewinkel bespreek (tel. 021 863 2800). Vir algemene navrae, skakel tel. 021 872 3441 of 076 017 6026.

Die monument is gedurende die winterseisoen vanaf 1 Mei tot 30 September daagliks oop van 08:00 tot 17:00.