Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Resensies | Reviews

Met die Holm gebore vervul die hoogste gebod in teater


Albert Maritz - 2010-04-22

Marion Holm is Suid-Afrika se tenoor-weergawe van grootse aktrises soos die basreus Antoinette Kellerman. Ses jaar lank vermaak en verlief Marion reeds gehore met ses Sussie-stukke. En terwyl die gehore skater, uit hul mae uit, glip sy behendig uit een karakter in ’n ander in, uit een situasie na ’n ander in – en ryg die een eerlikheid, waarmee ons almal identifiseer, na die ander op strepe in.

En as ’n mens skryf oor haar werk, moet ’n mens versigtig wees om nie deur hoogdrawende filosofietjies die gehore onder ’n wanindruk te bring nie. Want Met die Holm gebore is suiwer vermaak, nes al die Sussies voor Holm.

Maar een ding kan ’n mens nie ontken nie: wanneer gehore gepakte ouditorium na gepakte ouditorium stroom na Met die Holm gebore, ervaar hulle boonop weer die traan met die lag. En op hierdie KKNK word daar – soos in die verlede – nie sagkens omgegaan met die feite en realiteite nie; nie aandag gespaar aan die ongelooflik briljante besonderhede waarvan net die meesters weet nie; die gehore waardeer nie.

Onder leiding van nog ’n meester – wat jare gelede al as skrywer verantwoordelik was vir wenners soos Why’t Burp en die Blond–trilogie (nou vir Adam September en die Nazi-skat) – 7de Laan se Ryno Lategan (Chris Vorster), neem ’n juweel gestalte aan deur Marion se stories, verweef met Shakespeare se Hamlet op die verhoog – onder ’n uiters gepaste klankbaan en beligting.

Holm is ’n fenomeen op nog ’n vlak. Sy is tegelyk "stand-up"-komediant – maar met ’n verskil: sy is teks-perfek. Met die gevolg dat sy en haar teksskrywer/regisseur realisme, sowel as die ooreenkoms tussen realisme en die klassieke, en boonop aktuele sake, op die mees vermaaklike wyse denkbaar aanspreek.
Wie sou ooit kon dink dat "Oh pernicious woman – that one can smile and smile and be a villain" ’n gelag sal ontlok. In Marion Holm en Chris Vorster se mond word Hamlet volksmond. En die gehoor skater.

Moenie Met die Holm gebore misloop nie. En wanneer jy Marion Holm se naam in Billboard sien, staan maar nader. Die aktrise is al ’n legende in wording sedert Marthinus Basson se Titus Andronicus in die tagtigerjare Grahamstad-fees toe was.

"Die lag met die traan" is die hoogste gebod in teater. Dit kry jy by Met die Holm gebore.