Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuwe boeke by LAPA


2010-04-15


Nuut by LAPA Uitgewers
dié April:

Konsert van die lewe: Tolla van der Merwe, Die onbekendes, Tussen stasies, 20 Projekte: Materiaalverfkuns, Susanna M Lingua-omnibus 3.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!

 

Kategorie: Biografie
Formaat:Sagteband; 129 x 198 mm
Bladsye: 292
ISBN: 9780799346473 Prys: R180




Klik en koop


Konsert van die lewe: Tolla van der Merwe
Tania du Toit

Tien jaar ná sy dood word Tolla van der Merwe steeds onthou vir sy stories, sy unieke taal, sy humor in Afrikaans, maar méér dalk nog, deur dié wat hom geken het, vir sy aardsheid, sy menslikheid, vir hoe hy ander op soveel vlakke geraak en onvoorwaardelik van homself gegee het.

Maar wat het Tolla so spesiaal gemaak? Ná amper vyf jaar se werk aan hierdie boek voel die skrywer sy het nog nie die volle antwoord nie. “Ek blý verwonderd oor volwasse mans met wie ek onderhoude gevoer het wat vier, vyf jaar ná Tolla se dood steeds oor hom gerou en openlik oor hom gehuil het.”

’n Tekort aan feite oor Tolla is daar nie. Die vraag was hé om sy storie te vertel. Hierdie boek wou enersyds nie net ’n lofuiting of ’n huldeblyk wees nie. En andersyds sou ’n blote opeenstapeling van feite, dalk met ’n sensasionele sousie hier en daar, ook nie reg aan Tolla laat geskied nie. Eerder is dit ’n beeld van Tolla gegee soos hy was: van sy bitter en soet oomblikke, sy vreugde en pyn, verlies en liefde, sy hegte bande met sy plek en sy mense, sy swakhede en deugde, en uiteindelik sy pad met God: die volledige mens.

Die draad wat regdeur sy lewe geloop het, is dié van Tolla die gewer, die een wat uitdeel – nie net tasbare goed nie, maar ook van homself, om die lewe ’n beter plek te maak. Dalk verklaar juis dít die gevoel van groot verlies toe hy skielik nie meer daar was nie.

Tania du Toit se verknogtheid aan die landskap, grond en die mense binne daardie gegewe trap duidelike spore deur haar skryfwerk en skilderye. Haar kortverhale, poësie en kinderverse verskyn sedert 2002 periodiek in verskeie bundels of tydskrifte. Naas die bestuur van haar eie kunsgalery in Centurion is sy ook ’n ma vir haar tienerseun en -dogter.

Konsert van die lewe: Tolla van der Merwe word uitgegee deur LAPA Uitgewers en is beskikbaar by die uitgewer sowel as by toonaangewende boekhandelaars.

Klik hier en koop Konsert van die lewe: Tolla van der Merwe nou by kalahari.net!

Kategorie: Spanning
Formaat: Sagteband; 129 x 198 mm
Bladsye: 240
Prys: R50 elk
ISBN: 9780799345230

Klik en koop

Die onbekendes
Skrywer: Franois Bloemhof

Skielik op ’n dag is alles anders. Waarskuwings dui daarop dat die wêreld nie meer ons woning is nie en mense begin dinge doen wat hulle nooit voorheen sou doen nie. Gewelddadige dinge ... Alles is onvoorspelbaar. Onbekend.

’n Man en vrou stry om sin te maak van wat om hulle gebeur, moet waak teen gevare wat om elke hoek kan skuil ... en dán?

As jou bestaan ’n nagmerrie word, wie vertrou jy? Waarvoor alles en vir wie almal moet jy bang wees?

Daar is net één mens wat in Afrikaans hierdie soort riller skryf. En hy doen dit uitstekend. Die onbekendes is ’n onmiskenbare Bloemhof-boek, een waaroor sy aanhangers mal sal wees.

Franois Bloemhof is ’n bekende en beroemde skrywer van radioverhale, jeugverhale en volwasse fiksie. Hy het al meer as 40 titels gepubliseer in sy roemryke loopbaan. ’n Paar van die onlangse gewilde titels is:

Spinnerak (2006)
Jagseisoen (2007)
Harde woorde (2009).

Die onbekendes is beskikbaar by toonaangewende handelaars, asook by LAPA Uitgewers. Kontak 012 401 0700 of besoek ons webblad by www.lapa.co.za.


Kategorie:
Fiksie
Formaat: Sagteband; 129 x 198 mm
ISBN: 7807993386529
Bladsye:
520 pp
Prys:
R160

Klik en koop


Tussen stasies (herdruk)
Skrywer: Irma Joubert

Daar het lank laas in Afrikaans ’n storie soos Irma Joubert se Tussen stasies verskyn. Dis ’n boek wat  mens  verlei om aan te hou lees – totdat dit ’n deurnagsessie word.

Die verhaal begin in die Tweede Wêreldoorlog – in Pole en Duitsland – en vertel die verhaal van Gretl, ’n Duitse weeskind en haar verhouding met Jakb, ’n Poolse soldaat wat haar een donker oorlogsnag red. Die storie volg Gretl uit Europa na Suid-Afrika waar sy as Duitse wesie deur ’n Afrikaanse gesin aangeneem word. Jakb bly in Pole agter en Gretl word ’n Protestantse Afrikanermeisie, gekoester in ’n gelukkige en vooruitstrewende gesin.

Mettertyd word dit egter vir haar al hoe moeiliker om vrede te maak met haar verskriklike verlede. En die enigste een wat kan help, is Jakb.

Tussen stasies is die aangrypende verhaal van twee mense wat stry teen sosiale en ideologiese magte wat dreig om hulle te vernietig.

Irma Joubert het begin skryf ná 35 jaar in die onderwys. In 2005 is sy aangewys as Media 24 se spesialisjoernalis van die jaar en in dieselfde jaar het sy haar storie geskryf. Sy skryf omdat sy ‘n passie vir stories het. Vier korter romans van haar het al verskyn: Vonkpos vir die hart, ’n Beskermengel vir Marlene, Verbode drif en Ver wink die Suiderkruis.

Irma se stories gryp mense aan die hart. Tussen stasies is  ’n roman waaroor daar nog lank gepraat en gedink sal word.

Tussen stasies is beskikbaar by toonaangewende handelaars, asook by LAPA Uitgewers. Kontak 012 401 0700 of besoek ons webblad by www.lapa.co.za.



Kategorie: Niefiksie
Formaat:
210 x 235 mm, Sagteband
Bladsye: 80
ISBN: 9780799345476
Prys: R 100


Klik en koop

20 Projekte: Materiaalverfkuns
In samewerking met CRAFTWISE-tydskrif

Die 20-projekte-reeks is ‘n samestelling van die beste en mees inspirerende projekte wat die afgelope vyf jaar in die gewilde handwerktydskrif Craftwise verskyn het. As bonus vir die lojale Craftwise-koper is nuwe projekte ook bygevoeg!

Materiaalverfkuns bied 20 inspirerende ontwerpe wat vir bykans enige projek, soos kussings, muurbehangsels, drasakke, tafeldoeke, T-hemde, servette en nog vele meer, gebruik kan word.  Die ontwerpe gee ‘n vars variasie op tradisionele materiaalverftegnieke, maar sluit ook opwindende tegnieke soos batik, multimedia, laserdruk en stensilwerk in.

Al die projekte is deur verskillende ontwerpers en spesialiste gemaak en bied ‘n wye verskeidenheid wat in elke smaak sal val.

Craftwise is die enigste Suid-Afrikaanse handwerktydskrif wat tweemaandeliks verskyn en ‘n wye spektrum verskillende stap-vir-stap-handwerktegnieke dek.

Ander in die reeks: 20 Projekte: Kralejuweliersware. Ook in Engels beskikbaar.

Klik hier en koop 20 Projekte: Kralejuweliersware nou by kalahari.net!


 

 

Kategorie: Omnibus
Formaat:
Sagteband; 129 x 198 mm
Bladsye:
592 pp
ISBN:
9780799344769
Prys:
R160



Klik en koop

Susanna M Lingua-omnibus 3
Skrywer: Susanna M Lingua

Die derde omnibus van Susanna M Lingua bevat drie van haar beste en gewildste liefdesverhale. Haar heldinne is standvastig en volg meestal hulle eie koppe, terwyl die helde ongelooflik aantreklik, baie ryk, en in twee van die verhale Portugese edelmanne is.

In Altyd weer die liefde word Fenella Waldeck ’n uur voor haar troue deur haar bruidegom, Herman Marais, in die steek gelaat. Dit veroorsaak dat sy mans intens wantrou. Jan Lourens, ’n misdaadverslaggewer, en Erich von Hagen, ’n bedorwe rykmanskind, sukkel tevergeefs om haar hart sag te maak.

In Dae van betowering vertel Trish se vriendin haar van die markies Raoul Fernando Diego Joaquim Esperito de Moura, maar sy stel geensins belang nie. Sy dink net dat sy nog nooit van ’n mens met so baie name gehoor het nie. Selfs toe sy hom die eerste keer sien en besef hy is die aantreklikste man wat sy nog ooit teëgekom het, verloor sy nie sommer haar hart nie.

Sheena Strassner se pa sterf onverwags. In Op vleuels van die tyd ontmoet Sheena haar onbekende oupa van Lissabon, Portugal, toe hy ongevraagd by die begrafnis opdaag. Hy laat Sheena verstaan dat hy nou haar voog is en dat hy haar saamneem Portugal toe. Sheena skop vas en stem slegs in om daar te gaan vakansie hou. Haar oupa wil haar in ’n huwelik met hertog Ricardo de Aguiar indwing, maar toe Sheena weier, spat die vonke behoorlik!

Susanna M Lingua is op 10 November 1921 in Oos-Londen gebore, waar sy ook skoolgegaan het. Nadat sy haar aan die Universiteit van Stellenbosch as maatskaplike werker bekwaam het, is sy in 1948 met Guiseppe Lingua getroud. Hulle het drie kinders gehad. Dié gewilde skrywer het reeds op sestien begin skryf, maar haar loopbaan as skrywer het eers in 1952 in alle erns begin toe haar eerste liefdesverhaal gepubliseer is. Ná haar dood bekoor haar verhale, wat dikwels op eksotiese plekke afspeel, lesers steeds.

Susanna M Lingua-omnibus 3 is beskikbaar by toonaangewende handelaars, asook direk vanaf LAPA Uitgewers by 012 401 0700, of besoek ons webblad by www.lapa.co.za.

Klik hier en koop Susanna M Lingua-omnibus 3 nou by kalahari.net!