Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuut by Benedic Boeke


2010-04-14

 

Piet Kokkewiet, Kokkewiet en ander verhale. ’n Ben Lindemann Omnibus

Skrywer

Ben Lindemann

ISBN

978-0-9814408-0-4

Koop

Die boek is beskikbaar deur toonaangewende winkels of aanlyn by http://www.benedic.net/BLOmnibus/

Formaat

Sagteband (392 bladsye)

Verkoopsprys

R145

Nog inligting oor die boek

’n Sjarmante verhaal wat baie plesier verskaf – André P Brink

Hierdie splinternuwe Ben Lindemann-omnibus bevat sewe pragverhale deur dié gewilde skrywer. Die meeste van die verhale speel af in die interessante rivierwêreld van die Benede-Oranjeriviervallei en tussen die sandduine van die Kalahari. Dis boeiende liefdesverhale, geskryf in die kenmerkende, gestroopte styl van Ben Lindemann.

Een van die verhale, "Piet Kokkewiet, Kokkewiet", het oorspronklik as vervolgverhaal in die tydskrif Sarie verskyn. Kort daarna is dit in boekvorm uitgegee en sedertdien is Piet Kokkewiet, Kokkewiet reeds drie keer herdruk.

Die bekende skrywer en letterkundige André P Brink het in ’n resensie die volgende oor Piet Kokkewiet, Kokkewiet gesê:

“...dit ’n plesier om iets soos Ben Lindemann se Piet Kokkewiet, Kokkewiet raak te loop: tereg ’n 'moderne sprokie' …

“Dit is die sjarmante soort lektuur wat ’n wye leserskring, jonk en oud, verdien, met ’n eenvoud wat nooit fasiel raak nie, ’n 'gesondheid' - ’n geloof in die goeie, ’n rustige betragting van menslike gebreke en deugde – wat my self baie plesier verskaf het.”

Die ander ses verhale wat saam met "Piet Kokkewiet, Kokkewiet" in hierdie nuwe Ben Lindemann-omnibus van Benedic opgeneem is, het ook aanvanklik as vervolgverhale en novelles in die tydskrifte Sarie, Huisgenoot en Landbouweekblad verskyn.

http://www.benedic.net/BLOmnibus/

 

Vlam uit die vlaktes. ’n Keur uit die prosa van E de Roubaix

Samesteller

Pieter Strauss

ISBN

978-0-9814408-1-1

Formaat

Sagteband (192 bladsye)

Koop

Die boek is beskikbaar deur toonaangewende winkels of aanlyn by  http://www.benedic.net/Vlam/

Verkoopsprys

R150

Nog inligting oor die boek

Emanuel de Roubaix is ’n boorling van die Boesmanland, en word deur kenners gereken as die gebied se eerste kontreiverhaalskywer.

Vlam uit die Vlakte - ’n keur uit die prosa van E de Roubaix is saamgestel deur Pieter Strauss, wat self op Kenhardt grootgeword het.

Hennie Aucamp het in ’n indertydse brief aan die samesteller die volgende gesê:

“De Roubaix was my altyd ná aan die hart, en ek het ’n verhaal van hom in my bloemlesing. Wys my waar is Timboektoe opgeneem. Daar is ’n eksistensiële kwaliteit in sy werk wat bestendig geïgnoreer word, straks uit snobisme teenoor kontreikuns. (Maar De Roubaix is meer, veel meer as ‘’n rustige lokale realis’ – hy is juis nie rustig nie!).”

In ’n volgende brief skryf Aucamp: “Wat De Roubaix anders maak as die meeste kontreiskrywers, is dat hy nie net r ’n streek – hier die Boesmanland – skryf nie, maar as segsman optree vir al die bewoners van dié streek, wit en bruin. Sy empatie met die Nama, die Koranna en die Khoi is nog nooit behoorlik uitgelig en bespreek nie ...”

Verder, om Wium van Zyl aan te haal: “Vlam uit die vlaktes bestaan uit materiaal wat dié besonderse skrywer aan lesers sal openbaar. Dit staan in varsheid niks terug vir die werk van hedendaagse beoefenaars van die genre soos Elias P Nel en Strauss self nie. Dat dit oor toestande in ’n verre verlede gaan, verhoog die sjarme. Dit is immers ’n verlede wat hier borrel van lewe …”

http://www.benedic.net/Vlam/

 

Marionette Meester

Skrywer

Ben Lindemann

Aflaai webadres

http://www.benedic.net/BLOmnibus/eBoek/

Formaat

eBoek (vir rekenaar- of selfoongebruik)

Verkoopsprys

Gratis

Nog inligting oor die boek

Marionette Meester is ’n wonderlike liefdesverhaal wat toon watse onverwagte draaie die liefde in die lewens van mense kan gooi.

Hierdie eBoek word ook bestempel as een van die eerste Afrikaanse kortverhale wat as eBoek omgeskakel is, toe dit in Februarie 2010 vrygestel is.

Die verhaal het ook oorspronklik in Sarie verskyn.

http://www.benedic.net/BLOmnibus/eBoek/