Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXV: Enigste I (eerste weergawe)


Lee Beeslaar - 2010-04-09

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie
Eerste weergawe van Lee Beeslaar se gedig:

Enigste I

as jy kon weet van die wonder
waarmee ek jou eerste dowwe beeld begroet het
van die vreugde waarmee ek uiteindelik
my liggaam bejeën het
hoe jy my volkome gemaak het
ek word ons
een, enigste, nooit meer alleen nie

ek het in my siel gegrawe
wou alles wat verhaspel, verderf, verniel
uit my wese uitskroei, uitdoof
wou jou beskerm teen die moontlikheid dat
die skewe griffel van die nalatenskap
in my kern
ook jou blanko lei sou verontreinig

hoe kon jy ooit weet van die vrees in my
dat al my strewe dalk verniet was
dat ek steeds in my die saad van verydeling dra
toe hulle jou die eerste maal in my arms neerlê
jou helder oë my murg onherroeplik
aan jou bind
en jou honger mondjie oor my bors bevestig

jy het my nodig

 



<< Terug na SkryfNet XXV <<