Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXV: Leksikografie vir ons lyke (eerste weergawe)


René Lötter - 2010-04-09

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie
Eerste weergawe van René Lötter se gedig:

Leksikografie vir ons lyke

Dood is ’n afrodisiak
Het jy altyd sinies gelag
En
ons is geneties geprogrammeer
Om freneties te teel
As ons in die spasie tussen die hark se tande bly staan
Maar wat kan ek nou vir jóú sê?
Oorlewende, naasbestaande, weduwee in rou
Watse gimering kan ons aan hierdie monster smeer?
Bybel, Buddha, bier?
Nietzsche, nihilisme?
Kom ek vertel jou ’n grap; onthou jy daardie keer?
Nee – geen  speserye kan die smaak verbloem
en die geel galgemarmer skyn heeltyd deur
Ontydige heengaan.
Die frase wek weersin in my taalpurisme
Toutologies oordadig, sentimenteel oordrewe
Totdat jy self met ’n hand vol gruis staan soek vir eufemisme

 



<< Terug na SkryfNet XXV <<