Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXV: In transit (eerste weergawe)


Isabelle Nell van Niekerk - 2010-04-09

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie
Eerste weergawe van Isabelle Nell van Niekerk se gedig:

In transit

My fotofobiese bestaan
is ’n oertydse fossiel
vasgebed onder stof en puin
in die korteks van die vergete.

Hier’s niks wat ek wil nalaat nie –
nie ’n gedagte of gedig nie.
Die oorbekende wil ek afstroop,
die bindings losknoop
en onbegrens aanbeweeg
na ’n plek iewers daar buite.

My verlange stu en beur lynreg
op die trajek van my hunkeringe.
Ek kan nie langer vertoef nie.
Die heelal pen my vas
met lang dun vingers
aan die eindtyd.

 



<< Terug na SkryfNet XXV <<