Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXV: Grenslose suburbia (eerste weergawe)


Isabelle Nell van Niekerk - 2010-04-09

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie
Eerste weergawe van Isabelle Nell van Niekerk se gedig:

Grenslose suburbia

Sondae ry 4x4’s kortpad
deur die plakkerskamp
na die parkeerterrein van die
Megagemeente langsaan.

In dié suburban ghetto
sit squatters in die son
voor die sinkkaias.
Tussen die shacks
aas bronstige honde
en skud vroue kooigoed uit.

Runaways en skaapkoppe
drup vet in konkas
en transistormusiek pols
deur die plakkersdorp.
Gehurk in die stof
gooi dwellers dice
op die Kwaito beat. 

Tydens die uitreikaksie
na die oggenddiens
word die kortpad se stof
seremonieel van die plakkers
se voete afgewas.
Ná kerk ry die 4x4’s weer
stofpad terug huis toe.

 



<< Terug na SkryfNet XXV <<