Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXV: Onsamehangende midnag gedagtes (eerste weergawe)


Hilda Smits - 2010-04-09

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie
Eerste weergawe van Hilda Smits se gedig:

Onsamehangende midnag gedagtes

Tongknopende terminologie, swart drie-uur koffies, die sukkelende
swenk-en-val van die horlosiebeen. Tussen Mense. Op donnerende
ondergrondse treine. En in kliniese winkelsentrums, wankelend
onder die Wit Lig. (Die koue teels vibreer ritmies, en in die vuil
cosmetics spieel deins-deins my bleek gesig tussen weg-en-terug.)
Ek, en When Harry Met Sally. Ek in Mahler se laaste doodsnikke.
Ek en jy in skerwe in die lou badwater. Ek in die grondpad, my hande
wat bewend rook teen die lang pad. Ek soekend in die corner video shop,
teen die Impak. Ek in die Lang Nag. En tussen die versreels. Net ek.
En my mond is 'n diep, donker skag. En my tong val soos die reen, so sag

 



<< Terug na SkryfNet XXV <<