Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXV: Nagmusiek (eerste weergawe)


Isabel Niemand - 2010-04-09

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie
Eerste weergawe van Isabel Niemand se gedig:

Nagmusiek

Nagmusiek is nou met jou siel verweef
dit speel af in die onbewuste en weerkaats hoe jy oorleef.
Die lilt van klokke uit ’n Ou en Nieuwe Kerk
en gerusstellende loei van ’n sirene op geheel ’n ander noot.

Ritmiese knip-knip van ’n Rooi Lig in ’n leë venster
terwyl die menslike mannekyn
agter die sagte toeval van ’n fluweelgordyn verdwyn.
Die dromspel van haar hart teen sy bekende bors verraai haar gevoel vir hom.

Emosie is ’n ongenooide gasheer
Wonder sy vervaard, in die midde van ’n simfonie van ekstase,
of hy haar hand onder ’n Magere Brug deur sou vashou?
Kletter haar hoop saam met die geruis van note en ’n askiesmunt op haar bedkas neer.

Tog huiwer hy met die uitgaan op die drumpel van haar deur
Die viool kryt haar hartseer uit, donker tjello haar verlorenheid
terwyl sy huis toe loop.
Jazzmusiek spoel oor die Leidse Plein,

’n melodie wat haar eensaamheid verwoord.

 



<< Terug na SkryfNet XXV <<