Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXV: Verlange (eerste weergawe)


Isabel Niemand - 2010-04-09

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie
Eerste weergawe van Isabel Niemand se gedig:

Verlange

Vandag mis ek jou meer as gister.
Ek wil iewers langs die Weskus gaan loop dat ’n ongekende wind
my hartseer kan wegwaai.

Terwyl seesand onder my lang rok opwarrel
en my kaal bene seer piets.
My verstand onrustig: ’n soeke na jou, ’n soeke na iets.

Woel ek die bloubont serp wat jy op ’n Persiese mark gekoop het, stywer om my vas;
jou parfuum het ek aan die polsslag van my nek getik –
die geur van jou laat gaan my onder ’n nuwe, stom golf van smart gebuk. 

’n Verslae verlange rus in my bors;
ek wéét jy was siek.
Maar ek sukkel om ons verlies met jou verligting te versoen.

Hoekom ek jou op hierdie vreemde kus soek?
Want ek het reeds al ons gedeelde landskappe gefynkam;
jy is nie meer daar.

’n Innerlike wroeging weerspreek ’n uiterlike kalmte.
My hart ween troosteloos saam met die vreemdelingwind, 
want vandag mis ek jou meer as gister. 

 



<< Terug na SkryfNet XXV <<