Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuwe boeke by NB-Uitgewers


2010-04-09

Nuut by NB-Uitgewers dié April:

Witboy in Afrika, Op pad met Mandela – vyftien lewenslesse, Marike se laaste dans, Die benederyk en Die grysland-verblyf.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Tafelberg
ISBN:
9780624047780
Prys: R180


Witboy in Afrika
Deon Maas

Deon Maas besluit om uit die voorstede te vlug en Afrika in te vaar. Hy beland gereeld in die moeilikheid, maar met sy vlymskerp humorsin omskep hy moeilike doeanebeamptes, vreemde situasies en haglike blyplekke in opwindende avonture. Beleef lande soos Nigerië, Rwanda en Malawi op die Maas-manier.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Witboy in Afrika nou van Kalahari.net!


Uitgewer:

Kwela Boeke
ISBN:
9780795702976
Prys: R175


Op pad met Mandela – vyftien lewenslesse
Richard Stengel

As medeskrywer van Nelson Mandela se biografie, Long Walk to Freedom, het joernalis Richard Stengel destyds ure in Madiba se geselskap deurgebring. Op pad met Mandela vyftien lewenslesse is sy manier om hierdie ervaring ook met ander te deel. Die lewenswysheid wat Madiba uit sy grootste uitdagings geput het, word hier in vyftien lesse oor die liefde, die lewe en leierskap vervat.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Op pad met Mandela – vyftien lewenslesse nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798151467
Prys: R160



Marike se laaste dans
Deborah Steinmair

Die verteller, Maud, sien van kleins af dinge wat nie daar is nie. Op ’n dag verskyn Marike, ’n voormalige presidentsvrou, aan haar by ’n robot. Sewe jaar nadat sy vermoor is, wil Marike aanbeweeg ... Vervleg met die vertelling van Maud en Marike se sporadiese ontmoetings, ontvou die verhaal van Maud se “regte” lewe. Magies-realisties, humoristies, verbeeldingryk.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Marike se laaste dans nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798151474
Prys: R195


Die benederyk
Ingrid Winterbach

Die verhaal van twee broers, Aaron en Stefaans Adendorff, die een ’n skilder, die ander ’n eksverslaafde. Aaron se galery-eienaar, Eddie Knuvelder, laat hom in die steek en Bubbles Bothma, vriendin ekstraordinêr, kom met verskeie onwaarskynlike oplossings – terwyl Stefaans deurentyd verslag lewer van sy labirintiese dwaalweë. Apokalipties en burlesk – klassiek Ingrid Winterbach!

Klik hier en koop Die benederyk nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Kwela Boeke
ISBN:
9780795702969
Prys: R150


Die grysland-verblyf
Jaco Fouché

Phillip is ’n skilder met een uitstalling agter die rug. Om den brode begin hy weer by ’n finansiële instelling in Bellville werk. Hy bly net om die draai en naweke neem hy die trein na die middestad om sy nuwe kunstenaarsvriende te besoek. Een oggend op die trein besef hy dat mense hom met agterdog bejeën. Ook sy buurman het ’n vendetta teen hom en daar is ’n reuk in sy woonstel wat hom telkens oorweldig … Die grysland-verblyf is ’n teer, onsentimentele blik op die geleidelike aftakeling van ’n man wat aan skisofrenie ly.

Klik hier en koop Die grysland-verblyf nou by Kalahari.net!