Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfsake | Writing matters > Kennisgewings | Notices

Waardevolle Africana-boeke na Taalmuseum


2010-04-06

'n Versameling van sowat 300 waardevolle Africana-boeke het so pas 'n nuwe tuiste gevind by die Taalmuseum in die Paarl danksy 'n samewerkingsooreenkoms met die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie Biblioteke (KSUT: Biblioteke).

Dié samewerkingsooreenkoms behels die uitruil van materiaal, ondersteuning en professionele kennis. Die boeke is op Vrydag 19 Maart tydens 'n funksie ter afskop van nasionale Biblioteekweek deur die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in ontvangs geneem.

"KSUT se samesmelting het tot gevolg gehad dat ons nou oor 'n diverse versameling van materiaal beskik. Om toegang daartoe te verbeter, is dit onder meer ons doel om geskikte tuistes daarvoor te vind, bv. in skole en gemeenskappe regoor die provinsie, " het die direkteur van KSUT: Biblioteke, dr Elisha Chiware, gesê.

Jack Louw, direkteur van die ATM, sê: "Ons is dankbaar dat KSUT ons as 'n vennoot betrek het. Die publiek sal baie baat vind by hierdie toevoeging tot ons biblioteek, veral omdat die ATM besig is om 'n navorsingsentrum op die been te bring."

Vir meer inligting oor die ATM se navorsingsentrum, kontak Annemarie van Zyl by tel. 021 872 3441 of navorsing@taalmuseum.co.za.

Medianavrae kan gerig word aan Isabeau Botha by bemarking@taalmuseum.co.za of tel. 021 872 3441 / 076 017 6026.