Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Taal | Language > Taaldebat | Language Debate > Kennisgewings | Notices

’n Vrye Afrikaanse Universiteit


2010-03-19

Besware teen die gedagte aan ’n Vrye Afrikaanse Universiteit (VAU) sal die inisiatiefnemers nie afskrik nie, het die Hoof Uitvoerende Beampte van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, prof Jacques van der Elst gesê. Hy het verwys na ernstige bedenkinge van regeringskant wat uitgespreek is tydens ’n program Robinson Regstreeks wat deur kykNET uitgesaai is.

Die sameroeper van die VAU-inisiatief, mnr Christo van der Rheede, Direkteur van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans in Kaapstad, is Woensdagaand 24 Maart die hoofspreker tydens ’n byeenkoms van die Suid-Afrikaanse Akademie op die Groenkloofkampus van die Universiteit van Pretoria. Die vergadering vind om 18:30 plaas in die Lesingteater 8.

Mnr Van der Rheede sal Dinsdag 23 Maart saam met prof Van der Elst die Noordwes-kampus besoek en daar met die rektor, dr Theuns Eloff, samesprekings oor die VAU-inisiatief voer. Hulle sal eweneens die aand om 18:00 ’n Akademievergadering oor die onderwerp op die kampus toespreek. Die byeenkoms word gehou in die Frans du Toitgebou (Lokaal G01). Belangstellendes wat een van die vergaderings wil bywoon, is hartlik welkom.