Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Rubrieke | Columns > Annie Klopper: Rockjagter

Musiek by die US Woordfees 2010: Van oom Ollie tot Jack Parow


Annie Klopper - 2010-03-18

Daar was tydens hierdie jaar se US Woordfees op Stellenbosch weer eens ’n ryk verskeidenheid musiekaanbiedinge. Om ’n tafereel te skilder wat hierdie verskeidenheid deur middel van foto’s uitbeeld, is haas onmoontlik. Maar ek plak in elk geval enkele van my gunstelinge hier.

Daar was Valiant Swart, Ollie Viljoen en Pietman Geldenhuys wat daagliks die musiek gemaak het by kykNET se opnames van die nuwe televisieprogram ... met permissie, waarna oom Ollie later kragte met Schalk Joubert, Anna Davel en Lou-Ann Stone saamgespan het om die item Blues en susters op die planke te bring. Koos Kombuis en Hunter Kennedy se eerste eksperimentele poging as duo het gesorg vir ’n uitverkoopte optrede. By die Baljaar Karnaval het ek gedink ek hoor vir Tina Turner; Abel Kraamsaal het die skemer in gesing by Skemerverse; daar was kore; daar was rappers. Thieve, Jack Parow, Die Heuwels Fantasties en Tidal Waves het Klein Libertas Teater se buiteverhoog laat pomp en Lize Beekman het saam met Amanda Strydom gesorg dat ek vir ’n slag weer kon asem skep.

Jack Parow
Koos en Kennedy Jack Parow
Die Heuwels Fantasties
Thieve Stef Bos
Die Heuwels Fantasties
Baljaar Karnival
Anna Davel Amanda Strydom
Abel Kraamsaal Tidal Waves
Tidal Waves Tidal Waves
Schalk Joubert Emile Minnie
Ollie Viljoen, Valiant Swart en Pietman Geldenhuys
Ollie Viljoen, Anna Davel en Lou-Ann Stone
Ollie Viljoen Lize Beekman
Koorfees Gala-aand

 Foto's: Annie Klopper