Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXIII: Herlewing (finale weergawe)


Elizabeth Kendall - 2010-03-10

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie
Finale weergawe van Elizabeth Kendall se gedig:


Herlewing

Jy het na my gekom toe die garsland
aan doodgaansiekte wou beswyk
toe die kruike leeg en koud en krakerig was

tog het die wind gedraai
en dans verdwaalde klanke nou
in druppels tussen my en jou

koring en gars staan blinkvet in die aar
daar’s komyn en spelt tot wie weet waar
en uit die wingerd, pers en groen,
word kan en kruik
tot teen die rand gevul

in die vleie vlam uitbundig bly
bloedrooi vuurpyle
vir jou en my



<< Terug na SkryfNet XXIII <<