Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXIII: Donor (finale weergawe)


Hendrik Botha - 2010-03-10

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie
Finale weergawe van Hendrik Botha se gedig:


Donor

My hart op veertig by bruikbaarheid verby,
my niere op vyftig uitgeloog,
lewer deur oordaad uitgedroog,
longe wat hyg aan teer en nikotien

maar ek stuur vir jou my oë, in lewe
blou om die korneas oor te plant sodat
jý met ander oë na dieselfde son en
sterre as ek in verwondering kan kyk.
maar mag die laaste prentjie, vandag
onherroeplik op my netvlies ingebrand,

jou eerder maar bespaar bly.



<< Terug na SkryfNet XXIII <<