Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXIII: Krisis (finale weergawe)


Bibi Slippers - 2010-03-10

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie
Finale weergawe van BiBi SLiPPeRS se gedig:


Krisis

Yalkarra bring droogte na die leë land.
Ek keer ’n glas water voor my lessenaar om,
versteen, verstaan wat ’n nat vlek voorspel …

Sewe soorte waspoeier spoel ekovriendelike
verwarring in die supermark se gange uit;
“Alles sal verander,” sug die skuimende see.

Veldbrand in die vrieskas
ystydperk in die oond
my netjiese romp word groen in die was
want my hippiehemp
is toe nie kleurvas nie.

Nog ’n duisend-drie-honderd-vier-en-twintig spesies
kies die hasepad na Bullima,
twintig ton sand sif uit die woestyn,
die son verstik,
blou in die gesig,
oorweeg oplaas sy eie ondergang.

Die maan paai, haar stralekrans sus:
“Dalk voel jy more beter
as jy vannag behoorlik rus?”

Ek dartel na my droomtyd,
die wêreld word wakker:
dreun-dreun kreun die didjeridoe
sy sirkulêre asemteue
en die ritmiese geratel van dinosourusgebeentes
gee die pols aan vir palingenese
op my paleontoloop.

Dan vat ek vorm:
Kakkerlak.
In die naam van oorlewing
saam met iemand
wat my liefhet.



<< Terug na SkryfNet XXIII <<