Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXIII: Nokturne (finale weergawe)


Elizabeth Kendall - 2010-03-10

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie
Finale weergawe van Elizabeth Kendall se gedig:


Nokturne

Dis Juniemaand in Bronkhorstspruit
en deur die vensterruit
sien ek die bome buig en wieg
in ysige winterwind
dis koud, my kind

my kersie brand
’n klein wit lig
teen die stilte van die nag
waar alles sag asemhaal
en wag

uit my vulpen se mond
rol dapper woorde
oor skemervlaktes wit
waar ek hier vroegoggend sit
en kyk hoe verwronge skadutonge
teen mure lek en streel

ons huis slaap
geen internet of helder lig
die yskas stom en dood
en net die dreun
van motors in die straat
wat kom en gaan
iewers, ver hier vandaan



<< Terug na SkryfNet XXIII <<