Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXIII: Grafskrif (finale weergawe)


Hendrik Botha - 2010-03-10

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie
Finale weergawe van Hendrik Botha se gedig:


Grafskrif

Na byna dertig jaar, verslete
skoolgetuigskrif wat moeilik lees:

Individualis,
Voel vinnig ingeperk,
Kom nie tot sy reg in spanverband,
Bied nie wat konvensie vra.

Altyd huiwerend op die periferie
waar meer asem is as wat
die muwwe mainstream bied.

Somtyds raak dit eensaam daar,
en soos vir Bukowski sou dit ’n leeftyd neem            
om te verstaan dat eensaamheid oorskat word

– maar toe was dit te laat.



<< Terug na SkryfNet XXIII <<