Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXIII: afgedwaalde (finale weergawe)


Adri Swart - 2010-03-10

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie
Finale weergawe van Adri Swart se gedig:


afgedwaalde

die nag is vroegryp
alles slaap
koppies, pierings,
selfs ’n langoor-hus
net ek wat oop-oog skaapsterre tel
(as een verskiet)
die dreuning van ’n Cessna
versteur die ritme
sodat ek weer van voor af
moet minus
en die afgedwaalde plus

in my voet wat slaap
(gelukkige hy)
maak sterre blinkoog nes
kry dan sy lê
aan jou kant van die bed

waar slag jy vanaand jou skaap
my lam?
trek maar die wolle
oor my oë
voordat ek jou afdwaal
uit die melkweg
kam 



<< Terug na SkryfNet XXIII <<