Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXIII: kliptuin (finale weergawe)


Adri Swart - 2010-03-10

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie
Finale weergawe van Adri Swart se gedig:


kliptuin

uit hoop stapel ons klip op klip:
’n rotstuin
in die grond, ’n afdruk van jou duim
ons bemes opgeskote plantjies
jy soen die sweet op my lip

nou grou ek ringloos
en met ouer vingers
tussen dit wat eens rotstuin was
my bolip se sweet
brandmerk in jou vat



<< Terug na SkryfNet XXIII <<