Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXIII: Digterdroom (finale weergawe)


Elmarie Viljoen - 2010-03-10

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie
Finale weergawe van Elmarie Viljoen se gedig:


Digterdroom

Elke aand
skryf sy
haar skaamwit nagrok
versigtig vol gedigte:
verse met roerlose klanke
en ritme wat skaars ritsel
soos sagte papier.

So raak sy
dan aan die slaap:
geklee in strofes sonder some
en skewe-naat-rympatrone,
en bly droom van eendag
waarlik digter wees.

Maar een nag
(die maan ’n toe oog in die lug)
sterf sy
in die rok,
en vaar na die hemel op
waar sy
in die glinsterste wit
op haar aardse woorde
nou volmaak
kan voortborduur.



<< Terug na SkryfNet XXIII <<