Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Poësie

SkryfNet XXIII: Hondelewe (finale weergawe)


Elmarie Viljoen - 2010-03-10

Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIII - Poësie
Finale weergawe van Elmarie Viljoen se gedig:


Hondelewe

Een môre
kon hy,
met dowwe pels
en droë snoet,
sy waterbak
nie meer haal nie.

Baas moes toe God speel
en besluit
dat Wagter
lank genoeg geleef het:
sy blaf is weg,
so ook sy byt.

Maar vanoggend in die spieël
lyk selfs Baas
se oë skielik dof
en – vooruitbepaal, dog onverwags –
kry nog ’n hond sy dag.



<< Terug na SkryfNet XXIII <<