Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfsake | Writing matters

Eben Venter: Hoe maak 'n mens tyd om te skryf?


Eben Venter - 2010-03-09

Die obsessie – ek raak obsessief met ’n storie. Op reis of in die kleinhuisie of selfs as ek ’n koolkop van die rak af lig, kry ek idees wat tot daardie storie behoort. By die huis skryf ek die vars idee op ’n kaartjie en plaas dit terug op sy plek in die boks. As ek die gedagte nie dadelik neerskryf nie, vergeet ek dit. En as ek nie obsessief oor die storie is nie, vervaag hy. 

Die prioriteit – ek máák tyd om aan my storie te werk. Soms word daar van my vereis om my plig na te kom: te kook of ’n brief te skryf, ’n verjaardagoproep te maak of ’n depressiewe mens te gaan besoek, maar ek bly by my prioriteit. Dis selfsugtig, maar die enigste manier hoe ek iets aan lesers kan teruggee.

Vernuwing – ek probéér om elke storie nuut te maak. Te sorg dat elke sin wat ek skryf, nuut voorkom, ten minste vir myself. Ek moet myself bly boei, anders tap al die lewe uit my skryfwerk uit.

 

<< Terug na die VraNet-blad <<