Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuwe boeke by NB-Uitgewers


2010-03-09

Nuut by NB-Uitgewers dié Maart:

Padmaker, Nuwe stemme 4, Apostroof, Die skyn van tuiskoms: ’n Keur, Mzansi Magic: Struggle, Betrayal and Glory – The Story of South African Soccer en Thandiwe besluit.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Human & Rousseau
ISBN:
9780798150965
Prys: R195


Padmaker
Christine Barkhuizen le Roux

Twee maande na die verdwyning van haar bejaarde ma besluit Katrien om die paaie van haar kinderjare ná te ry. Haar reis neem haar terug na waar haar saggeaarde pa die lewe vir haar uitgelê het. Daar het haar ma se probleme ook begin … ’n Deurleefde, sensitiewe roman oor die komplekse verhouding tussen ouer en kind en die afdruk wat een geslag op ’n volgende laat.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Padmaker nou van Kalahari.net!


Uitgewer:

Tafelberg
ISBN:
9780624048732
Prys: R150


Nuwe stemme 4
Danie Marais en Ronel de Goede (samestellers)

Die Nuwe stemme-reeks is ’n opwindende projek waarmee Tafelberg-Uitgewers publikasiegeleenthede skep vir jong digters wat nog nie genoeg gedigte het vir ’n eie, selfstandige debuut nie. Vanjaar is daar bekende, opwindende name op die deelnemerlys, onder wie Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar) en Annie Klopper.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Nuwe stemme 4 nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798151689
Prys: R130



Apostroof
Fanie Olivier

Fanie Olivier se treffende nuwe digbundel handel byna uitsluitlik oor die siekte en sterfte van sy geliefde vrou, Rike, en is aan haar opgedra. Dit is aangrypende, gestroopte en deerniswekkende verse deur ’n digter wie se stem veels te lank stil was.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Apostroof nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798151443
Prys: R160


Die skyn van tuiskoms: ’n Keur
Lina Spies

Lina Spies se debuutbundel, Digby Vergenoeg (1971), is destyds bekroon met sowel die Ingrid Jonker- as die Eugène Marais-prys. Hierdie keur is ’n erkenning en bevestiging van ’n belangrike en beleë digterskap wat oor byna veertig jaar strek. Die keuse van gedigte uit haar agt digbundels is gemaak deur die digter Johann de Lange.

Klik hier en koop Die skyn van tuiskoms: ’n Keur nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624047810
Prys: R150


Mzansi Magic: Struggle, Betrayal and Glory – The Story of South African Soccer
Joe Latakgomo

Oudsportredakteur Joe Latakgomo kombineer geskiedkundige feite en aangrypende anekdotes om die storie van Suid-Afrikaanse sokker te vertel. Sy oorsig bied ’n agter-die-skerms-blik op die gewildste sport in die land.

The stories and characters of South African soccer come to life in this compelling account by veteran sports editor Joe Latakgomo. He combines historical facts with striking anecdotes and gives the reader a behind-the-scenes glimpse of the events and people that shaped the game over the past 50 years.

Klik hier en koop Mzansi Magic: Struggle, Betrayal and Glory – The Story of South African Soccer nou by Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
: 9780624046080
Prys: R115


Thandiwe besluit
Mari Grobler & Elizabeth Pulles

Thandiwe se kat het 10 kleintjies. Sy mag een hou, maar moet die res weggee. Die leser kyk saam met Thandiwe na elke katjie om te besluit watter een die beste pas by haar ouma en oupa, haar vriend, haar onderwyser, die buurman met die groot tuin, ensovoorts. Lesers leer meer oor kleure en tel van 1 tot 10.

Klik hier en koop Thandiwe besluit nou van Kalahari.net!