Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuut by LAPA Uitgewers


2010-03-04


Nuut by LAPA Uitgewers
dié Maart:

Die ondenkbare, Liefdespalet, Zackie Mostert, 20 Projekte: Kralejuweliersware, Duiwelsbrood en ander kort en lang verhale.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


 

 

Kategorie: Fiksie
Formaat:
Sagteband; 129 x 198mm
ISBN:
9780799345650
Prys:
R145



Klik en koop

Die ondenkbare
Skrywer: Isa Konrad

Met Die ondenkbare vul Isa Konrad ’n belangrike leemte in Afrikaans, omdat daar, met die uitsondering van Chanette Paul se boeke, min spanningsromanses verskyn.

Die verhaal handel oor moord, liefde en grootword. Briel kom in Lüderitz aan soos hy sewentien jaar gelede daar weg is: omdat hy nie ’n keuse het nie. Hy is daar om ’n moord op te los. Die tydsberekening kon nie slegter gewees het nie. Hy het griep, al dae lank. Sy vrou is kwaad vir hom, al maande lank. En hy wou Lüderitz nooit weer gesien het nie.

Binne ’n paar dae sit hy met twee lyke, ’n slagoffer wat al meer soos ’n skurk begin lyk, ’n moordenaar wat al meer soos ’n slagoffer begin lyk, en ’n ooggetuie wat al meer soos ’n medepligtige begin lyk.

Hoe dieper hy in die saak delf, hoe dieper moet hy in sy herinneringe delf, moet hy alles wat hy die laaste somer van sy kindwees – die somer van die ondenkbare – in Lüderitz beleef het, opdelf. Veral toe hy ontdek dat Lena, sy skooljuffrou van toe, nog steeds daar bly, dat sy nog dieselfde uitwerking op hom het as destyds ... en dat sy dalk in die saak verwikkeld mag wees.

Die ondenkbare is die skrywer se eerste enkeltitel, maar sy het reeds agt liefdesverhale geskryf. Sy skep geloofwaardige karakters en situasies waarmee die leser kan identifiseer en haar skryfstyl en beelding is meesleurend.

Isa Konrad het in Namibië grootgeword. Ná skool het sy Switserland toe geëmigreer en jare lank in Zürich gewoon, getrou, met ’n gesin begin en na hartsbegeerte gereis. In 2001 het die gesin Suid-Afrika toe geïmmigreer en in Pretoria gewoon, waar Isa ’n kreatiewe skryfkursus gevolg het omdat sy wou leer waar stories vandaan kom. Tussendeur het sy regte studeer, kinders grootgemaak en in ’n jazz-trio gesing. Sy het dié storie geskryf nadat die gesin in September 2008 terug geëmigreer het Switserland toe.

Die ondenkbare is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk vanaf LAPA Uitgewers by 012 401 0700 of www.lapa.co.za.


Kategorie:
Romanse
Formaat: Sagteband, 129x198mm
ISBN: 9780799345667
Bladsye:
312 pp
Prys:
R99,95

Klik en koop


Liefdespalet
Skrywer: Dirna Ackermann

Liefdespalet is ’n heruitgawe van twee van die skrywer se gewildste romanses, Onwaarskynlike minnaar en Onvervulde passie.

Onwaarskynlike minnaar
Vyf jaar gelede is Henk Beaumann weg, kwaad vir Bianca. En nou is hy terug met 'n beeldskone verloofde – en die vreemdste troureëlings waarvan sy nog gehoor het. Hy was haar ouboet, haar ouers se grootmaakkind in wie se warmte sy haar kon koester, veilig kon voel. Maar hierdie Henk is 'n vreemdeling; daar's staal in sy oë. En hy krap haar om – soos geen ander man voor hom kon regkry nie.

Onvervulde passie
Hy laat vroue stotter en stamel met sy onmiskenbare manlikheid, sy seunsagtige moedswilligheid. Maar tussen hom en Ansa bewaar Coe Stern die afstand met ’n ondeurdringbare kilheid. Op Swakopmund word die ooreiste operadiva Anshua du Pré weer Ansa du Preez, vlug sy van wêreldroem, die verhoog, die paparazzi. Hier wil sy gesond word. Maar haar vrede is daarmee heen toe sy agterkom haar huisbaas, Coe, is ’n fotojoernalis. En sy haat die pers …

Oor die skrywer
Dirna Ackermann het al 12 romanses geskryf. Sy was lank bibliotekaris en het eers kinders grootgemaak voordat sy begin skryf het. Sedert haar tienerjare is sy versot op romanses, en daar is steeds vir haar niks lekkerder as om in elke storie saam met die heldin op die held verlief te raak nie. Dirna glo met haar hele hart aan die terapeutiese waarde van stories en voel sy het in haar doel geslaag wanneer die leser die boek met ’n gevoel van welbehae kan neersit. Om te skryf en sjokolade te eet is ewe lekker, glo Dirna. Met die kinders uit die huis, woon sy en haar man in Brackenfell saam met drie honde.

Liefdespalet is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk vanaf LAPA Uitgewers by 012 401 0700 of www.lapa.co.za.

Ouderdomsgroep: 9+
Kategorie: Kinderfiksie
Formaat: Sagteband; 137 x 212 mm
Illustrasies: Swart-en-wit illustrasies
Prys: R50 elk
ISBN: 978079934648 ; 9780799346497; 9780799346503

Klik en koop

Zackie Mostert
Skrywer: Jaco Jacobs
Illustreerder: Alex van Houwilingen

Zackie Mostert
en die ongelooflike kulkunsie

Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends.

Zackie ontdek ’n ou boks in die buitekamer. Dis propvol dinge waarmee jy ongelooflike kulkunsies kan doen! Hy en Vincent besluit om ’n vertoning by die skool aan te bied. Maar dan loop een van Zackie se fantastiese toertjies skeef ... en hy en Vincent is in groot moeilikheid!

EKSTRA! Ontdek die geheime van Zackie se kulkunsies agterin die boek!
 
  
 
Zackie Mostert
en die (byna) baie briljante idee
 
Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends.

Zackie en Vincent het ’n Baie Briljante Idee ... Hulle gaan ’n koerant begin! ’n Koerant propvol nuus oor die mense van Granaatstraat. En Zackie het klaar ’n voorbladfoto ... een wat sy suster rooi gaan laat sien!
   
  
Zackie Mostert
en die super-aaklige soen

Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends.

Zackie is opgewonde toe hy hoor hulle gaan ’n toneelstuk by die skool opvoer. Hy kan nie wag om die rol van die Aaklige Trol te speel nie! Maar iemand anders wil ook graag die rol hê ... Voor Zackie sy oë uitvee, moet hy ’n meisie soen. Op die verhoog. Voor die hele skool. Behalwe as hy en Vincent ’n slim plan kan maak ...
 
 
Die reeks

1. Zackie Mostert en die ongelooflike kulkunsie, 9780799346480, 52 bladsye
2. Zackie Mostert en die (Byna) Baie Briljante Idee, 9780799346497, 40 bladsye
3. Zackie Mostert en die super-aaklige soen, 9780799346503, 48 bladsye
 
Die skrywer
Jaco Jacobs het op Carnarvon grootgeword en woon deesdae in Bloemfontein. Meer as 40 kinder- en jeugboeke het reeds uit sy pen verskyn. Hy is reeds nege keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon. Verdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous,asook die Elsabe Steenberg-prys en die SATI-prys vir sy vertaling van Willemien en die geel kat.
 
Die illustreerder
Alex het in Pretoria grootgeword. Hy woon en werk tans in Bellville as vryskut-illustreerder. Sy stokperdjies sluit in teken, kos maak en sokker kyk. Hy eksperimenteer graag met verskillende mediums.

Die Zackie Mostert-reeks is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

 

Kategorie: Niefiksie
Formaat: 210 x 235 mm, sagteband
Bladsye: 64
ISBN: 9780799345490 Prys: R100




Klik en koop


20 Projekte: Kralejuweliersware
Craftwise

Die 20-projekte-reeks is ’n samestelling van die beste en mees inspirerende projekte wat die afgelope vyf jaar in die gewilde handwerktydskrif Craftwise verskyn het. As bonus vir die lojale Craftwise-koper is nuwe projekte ook bygevoeg!

Kralejuweliersware bied 20 inspirerende ontwerpe vir halssnoere, armbande, ringe en oorbelle. Die ontwerpe gee ’n vars variasie op tradisionele kraletegnieke, soos leersteek (ladder stitch), peyote, reghoekweef (right-angle weave) en vierkantsteek (square stitch) en sal enige krale-entoesias weer opnuut ’n kreatiewe inspuiting gee.

Verder sluit die boek ook nuwe opwindende tegnieke, soos koordknoop, kettingwerk (chain maille) en metaalklinkwerk in.

Al die projekte is deur verskillende krale-ontwerpers en spesialiste gemaak en bied ’n wye verskeidenheid wat in elke smaak sal val.

Craftwise is die enigste Suid-Afrikaanse handwerktydskrif wat tweemaandeliks verskyn en ’n wye spektrum verskillende stap-vir-stap-handwerktegnieke dek.

Ander in die reeks: 20 Projekte: Materiaalverfkuns. Ook in Engels beskikbaar.

Die 20 Projekte: Kralejuweliersware is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.



Formaat: Sagteband
Bladsye: 484
Kategorie: Fiksie
Prys: R150
ISBN: 9780799345919


Klik en koop

Duiwelsbrood en ander kort en lang verhale
Skrywer: Annelie Botes

’n Heerlike dik omnibus van Annelie Botes-verhale vir haar aanhangers om aan te smul: drie kort romans en 19 kortverhale. Annelie Botes se bekende stem sal die leser meesleur, vermaak en diep menslike insigte meedeel. Hier is ook ’n essay deur Botes wat die genesis van haar skrywerskap beskryf; baie insiggewend en leersaam. 

Ander titels van Annelie Botes 

Trippel sewe (1995) roman
Klawervier (1997) roman
Raaiselkind (2001) roman
Die trousseaukis en ander stories (1998) (verhalebundel)
Broodsonde (2006)
Sabbatsreis (2007)
Thula-Thula (Junie 2009).

Duiwelsbrood is beskikbaar by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, 012 401 0700; of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.