Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Gay > Fiksie | Fiction

LêNet-skryfkompetisie: Meer wil as tril


Johann de Lange - 2010-03-02

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Dit is wat die man langs hom by die piskrip sê terwyl hy na die verpotte pieletjie tussen sy vingerpunte kyk.

“Net stage fright,” antwoord Anton.

Anton is gay, lief vir str8s, en hang uit by str8-kroeë waar hy die manne dophou as hulle gaan pis. As hulle sexy is en dronk genoeg lyk, volg hy hulle. Hulle stribbel selde teë as hy by die piskrip op sy knieë sak en hulle in sy warm mond vat.

Die betrokke aand sien hy ’n frisgeboude blonde man, baie aantreklik. Hulle knoop ’n geselsie aan en Anton koop vir die man drankies. Die man sê sy naam is Str8. No kidding, dink Anton. Later die aand stel Str8 voor hulle gaan na ’n klub toe.

Buite die kroeg sê Anton dat hy nie eintlik lus voel vir ’n klub nie. Hy kom met die sak patats vorendag en beken dat hy graag die aand saam met Str8 sou wou deurbring, saam met hom huis toe sou wou gaan. Hulle hoef nie seks te hê nie, hy sal verstaan, maar sal net graag met hom wil lepellê.

Str8 is huiwerig en dink ’n tydjie lank daaroor na terwyl hulle op die sypaadjie staan. Dan knik hy ja, en hulle waai.

By Str8 se plek aangekom is die deur gesluit. Hy sê hy het sy sleutel vroeër die aand vir sy kamermaat gegee wat ’n steek woonstel toe wou bring. Hulle klop en na ’n ruk maak ’n kaal man met ’n manjifieke horing die voordeur oop. Hulle stap in. Die kaal man gaan lê op ’n matras op die sitkamermat (kennelik sy slaapplek) en sit ongesteur sy seks voort – met ’n ander man.

Anton is dadelik geprikkel deur die toneel, maar Str8 is ongemaklik. Anton sê hulle kan op die bank wag tot die twee klaar is, of buite as Str8 ongemaklik is. Hulle wag buite.

Wanneer hulle later ingaan, slaap die ander twee hulle roes af. Anton en Str8 staan in die middel van die vertrek en begin aan mekaar se bolywe en arms vat. Soen. Nog steeds raak Anton nie aan Str8 se gulp nie. Hy sal by sy belofte hou. Die vryery raak warmer en wanneer hy sy hand laat sak om aan Str8 se mik te raak, keer dié hom.

“Daar’s iets wat ek jou eers moet vertel,” sê hy.

Anton se hart sak in sy skoene. Het die ou Vigs? Nie dat dit saak maak nie; daar is nog steeds baie wat hulle kan doen.

Maar Str8 vat Anton se hand en druk dit voor by die loshangende jeans in. En Anton se vingers glip onder die onderbroekrek in. Voel ’n harige gleuf waar die piel moet wees.