Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Boekartikels | Articles on books > Afrikaans

Die Buys-tweeling reeks


2010-02-26

Die Buys-tweeling reeks

Audio Boeke

vir kinders 9 tot 14 jaar

 

Anna Emm Productions is reeds die afgelope sewe jaar bedrywig met die vervaardiging van oorspronklike kinderstories op CD. Daar is al meer as 500 nuwe stories op hulle kerfstok - almal uit die pen van skrywer en vervaardiger, Anna Emm - en hulle is tans die grootste vervaariger van oorspronklike kinderstories op CD in die land!

Die nuutste produk uit hierdie produksiehuis, is ‘n versameling audio boeke met oorspronklike avonture vir ouer kinders.

"Die kinders wat sewe jaar terug na ons kinderstories geluister het, het grootgeword, maar ons wil hê hulle moet aanhou luister!" sê Anna Emm oor die audio boeke.

Die eerste stel audio boeke beskryf die avonture van die Buys-tweeling, Ben en Klara. Hulle is in Graad 7 in Laerskool Kronendal, maar in hul vrye tyd is hulle privaat speurders. Die drie audio boeke in die Buys-tweeling reeks is: ‘n Spook in die Skool, Die Seerower se Skat en Die Gesteelde Diamante.

Elke avontuur is 80 min lank, en bestaan uit 4 hoofstukke oor 2 CDs. Dit word voorgelees deur radio-omroeper, Hanri Platzoeder, van Kaapstad.

Dit is die ideale geskenk vir jong kinders wat lief is vir stories, maar bietjie lui is vir lees!

Die produkte kan afsonderlik aangekoop word teen R199.00 elk, of as ‘n stel van 3 teen R500.00. Vir meer inligting besoek www.AnnaEmm.co.za of kontak Anna Emm Productions by mail@AnnaEmm.co.za of 021 558 0234 tussen 08h30 en 12h30 weeksdae.

 

Anna Emm Productions
Posbus 16145
Panorama
KAAPSTAD 7506