Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfsake | Writing matters

Bernard Odendaal: Hoe maak ’n mens tyd om te skryf?


Bernard Odendaal - 2010-02-19

Was daar maar ’n wonderoplossing. Soos meer van die ewigheid in hierdie alte tydelike werklikheid ... Maar waardeur ons waarskynlik minder die drang sou gevoel het om iets in kuns te bestendig.

Eenkeer by ’n poësiewerkswinkel het ons deelnemers die Afrikaanse BOS-beginsel in skryfproduktiwiteit gepatenteer, as ekwivalent van die Engelse “ABC (Apply Bottom to Chair) principle”: Bas Op Stoel!

Maar dis makliker gesê as gedaan as verse nou nie juis vir brood op die tafel kan sorg nie.

Gelukkig spook die angsopgeefsels van DJ Opperman se “Kalahari’s wit papier” (die vrees vir die verlies aan digterlike inspirasie) nie te veel by my nie, aangesien ek nie juis ’n brandende ambisie voel om die wêreld te laat dawer met my baie gedigte nie. Ek sal byvoorbeeld nie gesin of loopbaan daarvoor opoffer nie.

Bowendien, ek is ewe geboei deur die literêre kritiek wat ek as akademikus moet skryf, en deur die liriekskryfwerk en -vertaalwerk wat ek die afgelope jare doen. En naweke en vakansies word al klaar grootliks dáárdeur ingesluk.

Maar dis geen goeie raad vir mense wat wil weet hoe om by kreatiewe skryfwerk uit te kom nie, of hoe?

Dus: BOS toe – buig of bars!

 

<< Terug na die VraNet-blad <<