Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfsake | Writing matters

Henning Pieterse: Hoe maak ’n mens tyd om te skryf?


Henning Pieterse - 2010-02-19

Ek ken geen skrywer wat genoeg tyd het om te skryf nie. Jy moet gewoon skryftyd skep op ’n daaglikse basis. Sommige skrywers floreer tussen 03:00 en 06:00, ander weer tussen 22:00 en 02:00. Daar is net ’n paar skrywers van wie ek weet wat die luukse het om ’n hele of halwe dag ononderbroke te kan sit en werk en dan nog tyd oor het vir redigering. Ek probeer elke dag iets skryf - of dit nou ’n beeld is wat later deel kan word van ’n gedig, ’n skets van ’n toneel uit ’n verhaal, of slegs ’n reël of twee waarop later uitgebrei kan word. Die essensie is vir my kontinuïteit en om die teks so te laat "hang" dat ek die volgende dag sonder huiwering daarop kan voortborduur.

 

<< Terug na die VraNet-blad <<