Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Gay > Fiksie | Fiction

LêNet-skryfkompetisie: Hyg al wat leef en beef!


Joan Hambidge - 2010-02-17

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Sonja Verbeek met haar tulband waarop staan “Ek lewe!”, weet dis nou of nooit! Dis die 14de Februarie. Valentynsdag in B-fontein. Sy het so pas by NALN ’n draai gegooi en na al die beelde in die tuin gekyk. Sy het besluit dat sy hierdie jaar met ’n groot figuur die aand wil deurbring. Maria/Marié uit Sy kom met die sekelmaan het ingewillig en omdat sy deesdae ook in mans belangstel, was die Burgemeester van Slaplaagte tweede op die lys.

Die draairestaurant is, soos gewoonlik, die ooggetuie van passie, hartstog en styl. Lieflike rooi rose op die tafel en ’n jongeling met ’n konsertina wat van tafel na tafel struikel, som die aand mooi op. Sonja se keuse val op “Jantjie kom huis toe” en die voorgereg tot die nagereg speel afwagting uit. Sonja lek haar spreekwoordelike lippies af.

Maria/Marié het so pas die laaste slurpies van haar melkskommel opgeslurp en haar smakkende lippies getuit. Sy kyk in haar spieëltjiedosie of sy ’n bietjie lipstiek nodig het. Vang egter tot haar pynlike onplesier vir Johan en Du Toit op waar hulle sit en handjies vashou. Sy klap die spieëltjie toe. Sonja Verbeek se voetjie begin liggies te skop-skop teen haar been. Sonja hou van raaisels.

“My mens-mens, waar vind ’n mens ’n papoose?”

“O Sonja ek weet nie. Hic-haec-hoc, jy’t my geblok!”

“In ’n pppp-pantjie, my ding!”

Maria/Marié bloos bloedrooi soos ’n jagse kalkoen op oom Frikka se plaas in die Karoo digby Toorberg. Daardie kalkoen, o daardie kalkoen. As sy kon praat! Oor haar verhouding met die Werfbobbejaan.

“O Sonja, Sonjjaaaaaaaaaaaaaaaaa.” Sonja hoor net “ja”. Sy plaas haar goedversorgde hand speels op Maria/Marié se boekerige hand.

“My mens-mens, jammer as ek nou banaal was. Jy weet die liefde, soos die wellus, neem ’n duisend vorme aan en soms, ja soms, blom ek teen my beterwete in soos ’n oop gulp.”

“Ag Sonja, ek weet ’n mens kan soms roekeloos raak. Driftig.”

Die twee vroue staan op en loop na die klein blitsige warmgemaakte Anglia. Soos dit ’n galante Sonja betaam, maak sy die deur oop vir Maria/Marié. Toe Sonja inklim, val Maria/Marié in haar arms.

Sy slaan die Anglia se sitplek plat en soos in ’n James Bond-motor druk sy ’n knoppie en skielik is daar allerlei wat gebeur. Lieflike musiek begin te speel en ’n wonderlike aroma spuit uit die dakkie van die motortjie. Onder Maria/Marié se wikkelende boudjies skuif daar ’n gladde laken in en voordat jy kan sê Kalinka!, skuif Maria/Marié haar Maidenform-bra en gehekelde deurtrekkertjie waarop daar geborduur staan “Hora est!” en Sonja Verbeek gee haar oor aan ’n egte Valentynse vryery. Uiters subtiel en literêr.

“Jy is vir my soos ’n sonnet. Jy is soos ’n oktaaf wat wag op ’n sekstet, my mens-mens.”

“Jy is my volta!”

“Jy is my beeld en toepassing. My gebreekte en gebroke slet … ek bedoel sonnet.”

“My wending, my stiltetyd.”

Sy mymer finaal:”Dis ’n bo-baadjie, dis ’n onderbaadjie, dis ’n onderstebo-baadjie”.