Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfsake | Writing matters

Zandra Bezuidenhout: Hoe maak ’n mens tyd om te skryf?


Zandra Bezuidenhout - 2010-02-11

Daar is twee maniere:

  1. Jy skeep jou “gewone” werk en ander dagtake af. ’n Bepaalde onderwerp, insig of invalshoek meld hom soms so sterk aan dat jy dit nie kan, wil of durf ignoreer nie. Uit ondervinding leer jy hoe vlugtig sulke momente is. Dan steel jy willens en wetens tyd – en vergeet van die gevolge. Dit vra ’n (lekker) soort roekeloosheid.
  2. Jy offer slaap op. Eintlik ideaal as die hele wêreld om jou snork en jou kop gaan al oper. Die vaak wyk in elk geval as jy op dreef kom. Die volgende dag vermy jy die spieël.

 

 

<< Terug na die VraNet-blad <<