Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfsake | Writing matters

Joan Hambidge: Hoe maak ’n mens tyd om te skryf?


Joan Hambidge - 2010-02-11

Baie eenvoudig. Ek werk ekonomies met tyd. My mantra is: kom tot die punt; en op my kantoordeur staan “Please knock and wait” – wat beteken dat mense my nie moet onderbreek terwyl ek skryf nie. Geen Coleridge-oomblikke nie. Wag tot ek roep: “Binne!” Studente spreek my per afspraak en moet laat weet hoekom hulle my wil spreek. Ek staan soggens vroeg op en skryf. Ek skryf die hele dag. Op agendas en notules – nou onlangs ’n vers geskryf op die notepad van my selfoon. Ek maak voortdurend lysies en ek weet hoe om met die trappe van vergelyking te werk: nonsens – snert - tersaaklik. (Die eerste twee word uitgewis.) In my lewe is die grootste sonde wat jy kan pleeg: om my tyd te mors. Van uitstel kom afstel. En langer wag is dikwels ’n verskoning om iets nie te doen nie. Ek kan gelukkig ook aan verskillende projekte tegelykertyd werk: skryf tans ’n digbundel, ’n studie oor De Lange en ’n satiriese roman, en ek is gaande oor klasgee. Uiteraard is daar vergaderings en ander verpligtinge – maar alles gebeur per afspraak. Ek haat onverwagse binnevalle en empty speech (soos Lacan dit noem).

Cut the crap, honey!

 

<< Terug na die VraNet-blad <<